KULTUURDAGBOEK 25 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op 23 November moes die Republikeinse kommando's onder bevel van genl Jacobus Prinsloo met 2 500 man by Belmont wyk voor die oprukkende Engelse lord Methuen, wat met 10 500 man opdrag ontvang het om Kimberley te ontset. By Graspan het genl De la Rey hom by die magte aangesluit en het hulle posisie in die rante ingeneem.
Op 25 November begin Methuen die aanval met 'n hewige bombardement. Die barstende bomme tusen die granietklippe het die toestand vir die burgers onhoudbaar gemaak, en toe die Britse infanteriestormloop begin, moes hulle andermaal die wyk neem. Methuen sou eers in die bloedige slag by Magersfontein op 10 Desember 1899 in sy opmars gestuit word.