KULTUURDAGBOEK 29 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die oorsprong van die moordlustigheid en onbetroubaarheid wat swart op blank openbaar, het waarskynlik geen datumverwysing nie aangesien dit maar altyd bestaan het – en altyd sal; wie dit nie glo nie is naïef, onkundig oor die swart-kultuur en oningelig oor die verlede. Ook die gebeure op hierdie dag in 1811 getuig van die barbaarse gewelddadigheid van die swartman. Landdros Anders Stockenström was bekend vir sy ooglopende gewildheid as vriend en weldoener onder die swartes. Spesifiek onder die Kôsas het hy bekend gestaan as 'n witman met 'n oop hand.
Die Grensoorlog van 1811 was in volle gang toe landdros Stockenström van Graaff-Reinet hierdie dag teen sonsondergang sy posisie aan Bruintjeshoogte met 24 man in 'n suidwaartse rigting verlaat met die doel om samesprekings met kol Graham te gaan voer. Op Doringnek in die Suurberg het hulle 'n aantal Kôsas van die Imidangestam teëgekom. Stockenström het ongewapend van sy perd geklim en in 'n lang gesprek die Kôsas oorreed om die Kolonie vreedsaam te verlaat.
Ongemerk is die groepie witmense omsingel en onverwags aangeval. Stockenström self, agt burgers en 'n bastertolk is gedood, vier is gewond maar kon tog ontsnap. Onder die vermoordes was Jan Christiaan Greyling, wie se weduwee in 1814 met Piet Retief, die latere Voortrekkerleier, sou trou – om toe nog eens die weduwee van 'n vermoorde Boereleier te word.