KULTUURDAGBOEK 1 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die naam Suid-Afrikaanse Seemag word op diƩ dag met die naam Suid-Afrikaanse Vloot vervang. Daardie vloot het in die dekade wat gevolg het, 'n eg Suid-Afrikaanse karakter aangeneem. Nie net is die Simonstadse skeepswerf in April 1957 formeel aan die Suid-Afrikaanse Vloot oorhandig nie, maar is die titel HMSAS (Haar Majesteit se Suid-Afrikaanse Skip) voor die skeepsname in 1952 verkort tot SAS.
Talle skeepsname is voorts uit die Suid-Afrikaanse geskiedenis oorgeneem, SAS Preseident Kruger en ander presidentsname vir die fregatte, en Maria van Riebeeck en ander prominente vroue se name vir die duikbote. Op hierdie manier word die ou seevaarttradisie van die Afrikaners, as nasate van Nederlanders, Skandinawiƫrs, Franse en Britte, weer geleidelik herstel. Terselfdertyd het ons taal ook in ons seebedryf meer tot sy reg gekom.