1806: 2e OORGAWE VAN KAAP AAN ENGELAND

KULTUURDAGBOEK 10 JANUARIE

Lees volledig by Kultuurdagboek

NĂ¡ die nederlaag van genl JW Janssens by Blouberg op 8 Januarie 1806, het die Britse troepemag onder genl D Baird ook Kaapstad binngetrek en is die voorwaardes van oorgawe op 10 Januarie 1806 op Papendorp (Woodstock) onderteken en op 19 Januarie 1806 bekragtig. Daarvolgens sou die Kaap vir die tweede keer in die hande van Brittanje oorgaan om nooit weer onder Nederland se gesag te staan nie.