KULTUURDAGBOEK 12 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Johannes Francois Elias Celliers was 'n bekende Afrikaanse skrywer, digter en dramaturg. Hy is op hierdie dag in 1865 gebore.
Hy lê sy Landmetereksamen in Nederland af maar word later 'n amptenaar in die onderwysdepartement van die ZAR en in 1894 staatsbibliotekaris in Pretoria.
Met die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog sluit hy hom by die kommando's aan, en in 1902 vertrek hy na Europa waar hy sy beroemde gedig Die Vlakte skryf.
In 1907 keer hy na Suid-Afrika terug en werk by die Departement van Binnelandse Sake in Transvaal. In 1909 word hy 'n buitengewone professoraat aan die Universiteit van Stellenbosch aangebied.
Baie van sy verse weerspieël sy huislike geaardheid en sy liefde vir kinders. Behalwe sy digterlike arbeid werk hy ook mee tot die stigting van Die Brandwag.
Hy was 'n volksdigter, "een wat in woorde vaslê wat in die hart van die nasie omgaan" (Preller).
Hy vestig hom na sy aftrede aanvanklik in Kaapstad maar later op Harrismith waar hy op 1 Junie 1940 oorlede is.