1968: RAU OPEN

KULTUURDAGBOEK 24 JANUARIE

Lees volledig by Kultuurdagboek

Die Randse Afrikaanse Universiteit het tot stand gekom ingevolge Wet nr. 51 van 1966, waarin die RAU omskryf is as Afrikaans in gees en karakter, en dat die beginsels vervat in die aanhef van die Grondwet van die Republiek aan die RAU gehandhaaf sal word. Die universiteit is op 24 Februarie 1968 amptelik geopen.

Sy eerste kanselier, dr. N. Diederichs, is ingehuldig, nadat die eerste 741 studente hulle op 3 Februarie begin inskryf het en die eerste lesings op 13 Februarie aangebied is.

In die eerste sewe jaar is van 'n tydelike kampus in Braamfontein, Johannesburg, gebruik gemaak totdat die moderne nuwe kampus op 24 Mei 1975 deur dr. Diederichs, Staatspresident en Kanselier van die universiteit, amptelik geopen is.

Die Randse Afrikaanse Universiteit is 'n universiteit van die grootstad en het in die goeie apartsheidera in diens van die Afrikaanse gemeenskap gestaan. Deur sy Afrikaanse gees en karakter het die universiteit die kultuur, lewensbeskouing en strewe van die Afrikanervolk bevorder en verryk. Hy het Jong Afrikaners gehelp vorm en ontwikkel om volwaardig hul regmatige plek in die intellektuele, kulturele, geestelike, ekonomiese en professionele lewe van ons vaderland in te neem.

Vandag in 2012 is daar ongelukkig nie sprake van enige universiteit wat in belang van die blanke en nog minder in die besondere belang van die Afrikaner staan nie – inteendeel!