1881: SLAG BY LAINGSNEK

KULTUURDAGBOEK 28 JANUARIE

Lees volledig by Kultuurdagboek

Die eerste skote van die Transvaalse Vryheidstryd het op 16 Desember 1880 geval. Die Boerekrygers was vasbeslote en doelgerig en het onmiddellike welslae behaal. Die Britse garnisoene is op verskeie plekke in Transvaal vasgekeer.

Sir George Colley, Britse bevelvoerder, het besluit om Transvaal sonder versterkings binne te val. Genl Piet Joubert het die inval verwag en 'n gunstige posisie by Laingsnek gekies om die inval af te wag. Tevergeefs het sir George Colley met 1 100 manskappe en ses veldkanonne probeer om die burgers uit hulle skuilings te verdryf. Uiteindelik moet die Britse mag die aftog blaas met 'n lewensverlies van 83 en 11 gewondes.