1841: GROOTE KERK, KAAPSTAD

KULTUURDAGBOEK 31 JANUARIE

Lees volledig by Kultuurdagboek

Toe daar in 1835 ernstig aan die vervanging van die dak van die Kaapse kerkgebou uit 1704 gedink moet word, blyk dit dat die ou fondamente die beplande hoër mure en nuwe dak nie sal kan dra nie. Gevolglik word die historiese ou gebou, buiten die toring, tot groot ontevredenheid van 'n deel van die gemeente gesloop en word die latere Groote Kerk, groten­deels onder die leiding van die bekende boumeester-argitek Herman Schütte, op die plek van die oue opgerig.

Op 31 Januarie 1841 neem die gemeente sy nuwe kerk met sy heel besondere gestukadoorde plafon feestelik in gebruik, en tot vandag toe dien dit as die moedergemeente se sentrale kerk. Onder die talle geskiedkundige gebeurtenisse wat in die ou gebou plaasgevind het, tel die begrafnisdienste van 'n reeks vername openbare figure en die inhuldiging van staatspresi­dente Fouché en Diederichs.