1841: DANIËL LINDLEY PREDIKANT IN PIETERMARITZ

KULTUURDAGBOEK 9 FEBRUARIE

Lees volledig by Kultuurdagboek

Na jare van ontevredenheid met Erasmus Smit as predikant van die Voortrekkers — onder meer vanweë die felt dat hy dan nie voldoende opgelei en behoorlik bevoeg verklaar is om al die kerklike sakramente te bedien nie — is Daniël Lindley, die Presbiteriaanse Amerikaner formeel op hierdie dag as predikant van die gemeente Pietermaritzburg aangestel.

Die Voortrekkers het reeds in 1836 met die Lindley-gesin by Mosega te doen gekry en na verdere outmoetings steeds 'n hoë dunk van hom behou.

Dat die Kaapse NG Kerk hom in 1837 as Sinode aan die Voortrekkers onttrek en hulle trekdaad boonop afgekeur het, het natuurlik seergemaak en ook ongerief meegebring. Kinders is nie gereeld gedoop nie, die Nagmaal is nie gereeld bedien nie en kategetiese onderrig met die oog op belydenis van geloof, is soms lank vertraag.

adat Lindley toe sy ordeningsdokumente voorgelê het en dit goedgekeur is, het hy van 1 April 1841 of sy traktement van 1 333 riksdaalders per jaar van die staat ontvang. Erasmus Smit moes, aldus Volksraadsbesluit op dieselfde 9 Februarie, sy emeritaat aanvaar en sou 600 riksdaalders per jaar pensioengeld ontvang. Lindley self het vroeër reeds die Hollands van die Voortrekkers geleer en hulle gevolglik in hulle eie taal van die Woord bedien.

Vir die reeds gevestigde Natalse Voortrekkers soos Karel Landman, Andries Pretorius, Sarel Cilliers, Evert Potgieter en andere was Lindley se teenwoordigheid van onskatbare waarde.