1959: WITWATER- RANDSE MUSIEK- GENOOTSKAP GESTIG

KULTUURDAGBOEK 9 FEBRUARIE

Lees volledig by Kultuurdagboek

Op aandrang van die Afrikaanse Skakelkomitee van Johannesburg en in oorleg met die Johannesburgse Musiekkomitee wat 'n onderkomitee van die Skakelkomitee was, is besluit om die Johannesburgse Afrikaanse Musiekkomitee om te skep in 'n koördinerende liggaam van alle verenigings en organisasies wat by die musiekkultuur van die Afrikaner in Johannesburg belang het.

Die doelstellings van die Genootskap was:

(a) Om in die algemeen die musiekkuultuur te beoefen.

(b) Om veral in die Afrikaanse gemeenskap belangstelling in die musiek en aanverwante kunste op te wek en musie- en kunswaardering te bevorder.

(c) Om die beoefening van musiek in al sy vorme, en ook van die aanverwante kunste, veral in die Afrikaanse gemeenskap te bevorder.