KULTUURDAGBOEK 9 JANUARIE

Die ligtoring by Kaap Aghulas in die Wes-Kaap, die mees suidelike seebaken in Afrika, word in 1848 in gebruik geneem.

Eugène Nielen Marais, joernalis, advokaat, vrederegter, koerantredakteur (Land en Volk), Afrikaanse digter en skrywer, natuur- diere- en mediese kenner en vriend van AG Visser en Gustav Preller, is in 1872 naby Daspoort, Pretoria, gebore.