KULTUUR- DAGBOEK 27 MAART

Lees volledig by Kultuurdagboek

1. 'n Verdiepingbus van Hoƫrskool Vorentoe oppad skooltoe bars op hierdie dag in 1985 deur 'n draadheining en stort in die Westdene-dam in Johannesburg, 'n ramp waartydens 42 skoolkinders sterf.

2. Genl Piet Joubert, Voortrekker wat die Groot Trek meemaak in die Retief-trekgeselskap, boer, ZAR-volksraadslid, krygsman, een van die Driemanskap van die Suid-Afrikaansche Republiek saam met Paul Kruger en MW Pretorius, vise-president en kommandant-generaal (ZAR), en opperbevelhebber tydens die Tweede Vryheidsoorlog in veldslae by Laingsnek, Skuinshoogte en Majuba, sterf in 1900 in Pretoria. Hy is op Rustfontein, distrik Wakkerstroom, begrawe.