Lees volledig by Kultuurdagboek
1. Brittanje annekseer die ZAR in 1877. Dit sou op 13 Desember 1880 te Paardekraal herstel word. Lees hieroor in hoofartikel.
2. Dr Christiaan Frederik Louis Leipoldt, Suid-Afrikaanse digter, skrywer, dramaturg, joernalis, kinderarts, kok en kosskrywer, is in 1947 op 66-jarige ouderdom in Kaapstad oorlede en in die Pakhuispas in die Cederberge te ruste gelê. Hy was saam met Totius en Jan F Celliers die Driemanskap van die Tweede Afrikaanse Taalbeweging. Hy is met die Hertzogprys vir Poësie in 1934 vir Skoonheidstroos en vir Drama in 1944 vir Die Heks asook die Die Laaste Aand, bekroon.
Sy vader was die NG-predikant op Clanwilliam, en sy oupa die Reinse sendeling-stigter van Wupperthal. Hy het nooit getrou nie maar het 'n seun, Jeff, aangeneem.
3. Dr Daniël Francois Malherbe, Afrikaanse taalkundige, digter, dramaturg en skrywer en hoogleraar aan Grey Kollege, is in 1969 in Bloemfontein oorlede. Hy is oa met die Hertzogprys vir Prosa (drie maal), die Stals-prys, 'n Erepenning van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, 'n Erepenning vir Volksdiens van die FAK, en deur vyf universiteite met 'n eredoktorsgraad vereer. Hy was die seun van PJ Malherbe, medestigter van die GRA.