KULTUUR- DAGBOEK 16 APRIL

Lees volledig by Kultuurdagboek

1. Die ontdekking van goud in die Oranje-Vrystaat word in 1946 wêreldkundig gemaak. Vyf jaar later, op 24 November 1951, is die eerste goudstaaf in Welkom in die Vrystaat gegiet.

2. 1958: LAASTE VERKIESING VAN DIE UNIE-TYDPERK IN SA
Op hierdie dag is die laaste algemene verkiesing binne die Unie-verband in ons land gehou. Talle veranderinge het sedert die verkiesing van 1953 ingetree. JG Strijdom het dr Malan as premier en sir De Villiers Graaff vir Strauss as leier van die opposisie opgevolg. Talle hofsake in verband met aparte kieslyste was agter die rug, die Nasionale Party het reeds tien jaar regeer, in opposisiegeledere het afskeidings voorgekom, en oor SA het 'n enigste landvlag sedert 1957 gewapper.

Die uitslag van 103 setels ten gunste van premier Strijdom het onmiddellik die Afrikaner laat besef dat hy polities sterk staan en dat hy na 10 jaar van politieke bewind weer meer aandag aan sake van Afrikaans-kulturele belang behoort te skenk. Een hiervan was die kwessie van republiekwording; 'n ander was volkeskeiding in die praktyk. Hierdie twee aangeleenthede was kernredes vir die Afrikaner se politieke steun aan die Nasionale Party. Dit het immers om sy staatkundige en ongeskonde fisieke voortbestaan gewentel. Die politieke opposisie het albei aangeleenthede volledig teengestaan en daarmee bevestig dat bloot die bestaan van 'n Afrikanervolk met inheemse vryheidsideale en 'n eiesoortige volksbewussyn vir hulle onaanvaarbaar is.