Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1662: Die eerste appels aan die Kaap word gepluk. Van Riebeeck, wat hom onder meer vir die aanplant van appelbome beywer het, het op hierdie datum die heel eerste appels afgepluk van 'n boom wat in die Kompanjie se boomkwekery gegroei het.
2. 1935: SA se Noodhulpliga is op hierdie dag gestig. Die oogmerke daarmee was nie slegs om die Afrikaner in sy moedertaal in noodhulp op te lei nie maar ook om 'n vereniging wat in alle opsigte eie aan die Afrikaner is in die lewe te roep.
3. 1962: Die Jeugraad van die FAK is op hierdie dag gestig. As regstreekse uitvloeisel van die Jeugkongres van die FAK wat op 16 en 17 April 1962 in Pretoria gehou is, is die Nasionale Jeugraad gestig. Later het die Hoofbestuur van die FAK besluit dat die Nasionale Jeugraad voortaan slegs as die Jeugraad van die FAK bekend sal staan.