Lees volledig by Kultuurdagboek
1. Goewerneur Willem Adriaan van der Stel, negende goewerneur van die Kaap de Goede Hoop en eienaar van die plaas Vergelegen, word in 1707 deur die VOC se Here XVII uit sy pos ontslaan en teruggeroep na Nederland nadat die burgers aan die Kaap onder leiding van Adam Tas 'n petisie aangaande sy selfverrykende ekonomiese aktiwiteite opgestel het wat deur 63 burgers onderteken is waaronder 31 Franse Hugenote. Hy woon tot met sy dood in Uyter Meer, Lisse, in Nederland.
2. Die dorp George in die Wes-Kaap word in 1811 as George Town gestig.
Het Potchefstroom Universiteitskollege voor Christelike Hooger Onderwijs ontstaan met die afskeiding van die Teologiese Skool van die Gereformeerde Kerk van SA van sy Literariese departement en word in 1919 met 131 studente geopen deur die Direkteur van Onderwys in Transvaal, dr John Adamson. Prof Ferdinand Postma word die eerste rektor in 1921.
3. 1886: Die Ned. Hervormde Konsulentsgemeente weier om te verenig.
Op hierdie dag het die Kerkraad van hierdie gemeente van die distrik in Pretoria onder konsultentskap van ds GW Smits te Witfontein weer eens en finaal besluit om nie deel te neem nie aan die kerkvereniging waartoe die Algemene Kerkvergaderings van die NH en NG Kerke in die ou ZAR besluit het nie. Met hierdie besluit het die gemeente 'n voorbeeld en toevlugsoord geword vir alle Hervormde lidmate wat nie die kerk van hulle vaders wou verlaat om 'n nuwe, verenigde kerk te vorm nie. As wettige voortsetting van die NH Kerk is die gemeente in daardie dae dikwes die 'ark van die kerk' genoem. In die bekende Kerksaak van Trichardtsfontein het die Hooggeregshof in 1893 bevind dat die kerkvereniging van 1885 'ultra vire' en dus nietig was. So is die standpunt van die Konsultentgemeente, by implikasie, volkome geregverdig.
4. 1954: Afrikaans-Duitse Kultuurunie (ADK) is in Pretoria deur 'n groep Afrikaans- en Duitssprekende akademici gestig as opvolger van 'n soortgelyk organisasie wat in die jare dertig ontstaan maar in die oorlogjare tussen 1939 – 1945 'n natuurlike dood gesterf het. Dit was 'n landswye organisasie met takke in al die groter sentra wat die versterking en bevordering van die kulturele betrekking tussen Suid-Afrika en die Duitssprekende lande van Wes-Europa deur die enersydse verspreiding van kennis van dié lande se kultuur, kuns, wetenskap en letterkunde ten doel het. In Duitsland bestaan toe eweneens die Deutsch-Südafrikaansche Geselschaft en 'n aantal vriendskapsverenigings (Kreise) in verskillende Duitse stede. Hierdie soort liggame het gehelp om die Afrikaner se oog op die Europese vasteland gerig te hou sodat hy nie nog vinniger op die Anglo-Amerikaanse en dus nie-Dietse glybaan voortgespoel het nie.
5. 1914: Die erkenning van Afrikaans in die Kaaplandse Provinsiale Raad – lees hieroor in hoofartikel.