Lees volledig by Kultuurdagboek
1. Die dorp Kroonstad in die Vrystaat onstaan in 1855 toe die eerste woonerwe van die plaas Klipplaatdrift verkoop word. Dit was die hoofstad van die Republiek van die Oranje Vrystaat van 13 Maart to 11 Mei 1900.
2. 1961: Dit is advokaat CR Swart se laaste dag as Goewerneur-generaal van Suid-Afrika.
Die onafhanklikheidstrewe van die Nasionale Party was van die begin af in sy grondwet ingeskryf, en in 1934 is die betrokke artikel 4 verander, toe daar vir die eerste maal bepaal is dat onafhanklikheid in 'n republikeinse staatsvorm verkry moet word. Die hoof van so 'n staat sou President heet, maar tot met republiekwording was die staatshoof nog die Goewerneur-generaal. Adv CR Swart, lank leier van die Nasionale Party in die Vrystaat en sy lewe lank vurige republikein, het op 12 Januarie 1960 die laaste Goewerneur-generaal van SA geword, 'n pos wat hy op 30 April 1961 neergelĂȘ het, hangende sy verkiesing tot die eerste Staatspresident van die Republiek van Suid-Afrika op 31 Mei 1961.