KULTUUR- DAGBOEK 21 MEI

1919: EERSTE UITGAWE VAN LANDBOUWEEKBLAD

Lees volledig by Kultuurdagboek

Die Landbouweekblad, gewilde weeklikse tydskrif vir die boer, word deur die Nasionale Pers uitgegee met die hoofkantoor in Kaapstad. Die tydskrif het tot stand gekom in 'n tyd toe die Suid-Afrikaanse boer as gevolg van droogte feitlik op sy knieë was en is ten volle aan die landbou toegewy. Dit was so ingeklee dat hy 'n wye spektrum van lesers van verskeie geslagte en alle ouderdomme sowel op die platteland as in die stedelike gebiede bedien het.

Van sy eerste uitgawe onder dr FE Geldenhuys as grondleggende redakteur, het hy gegroei tot Suid-Afrika se grootse landbou-tydskrif in enige taal, met meer 'n kwart miljoen lesers reeds in die tagtigerjare hoofsaaklik in die Republiek, en die streek toe nog Suidwes-Afrika, en die ou Rhodesië – later Zimbabwe; maar dit is ook versprei na talle ander plekke. Toenemend gewild as handboek van die boer en sy gesin is dit in daardie tyd deur 71% van alle boere en 82% van alle Afrikaanssprekende boere in Suid-Afrika gelees. Tipografies het die tydskrif, wat soms meer as 200 bladsye beslaan het, die beste versorging geniet. Met sy landboujoernalistiek het dit 'n toonaangewende plek ingeneem en natuurlik gegroei soos dit vandag in 2011 daar uitsien.