KULTUUR- DAGBOEK 8 JUNIE

Lees volledig by Kultuurdagboek

1. 1897: Die hoeksteenlegging van die Paleis van Justisie aan die noordekant van Kerkplein het op 'n aanskoulike wyse uitdrukking gegee aan die bedoeling van die republikeinse owerheid met die Kerkplein. Destyds was daar 'n behoefte aan die oprigting van 'n ewe waardige en stylvolle staatsgebou in Italiaanse Renaissance-boustyl reg teenoor die 'Staatsgebouw' en skuins teenoor die toringkerkgebou op die middelpunt van die Kerkplein. Sodoende kon die balans tussen twee kante van die westelike helfte van die Kerkplein en sy middelpunt verkry word. Met die totstandkoming van die Paleis van Justisie, sou die band tussen Kerk en Staat en terselfdertyd tussen die wetgewende, administratiewe, regsprekende en ekonomiese aktiwiteite van die ZAR op die Kerkplein versinnebeeld word.

2. 1837: Lees in hoofartikel oor Alexander Merensky en sy seun Hans, die geoloog/ingenieur.

3. 1918: Sanlam word op hierdie dag gestig. Lees daaroor in hoofartikel.