Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Daar is wel redes waarom Suid-Afrikaners die afgelope paar jaar met lang gesigte loop, maar daar is rede om ook te glimlag – God is in beheer van alle omstandighede. Daarom kan ons saam met die digter in Psalm 42 sê: Hoop op God, want ek sal Hom nog loof – die verlossing van my aangesig en my God! Dit is moontlik om God se vriendelike aangesig te ontmoet en sy glimlag oor ons te voel skyn, dan sal óns aangesigte ook verhelder!
CIA SE INTERVENSIE IN AFRIKANERPOLITIEK…
…BEPLANNING VIR LIBERALE STAATSGREEP OP DIE AFRIKANER-BROEDERBOND
Ná die inhuldiging van John Vorster as Premier van die Republiek het dit verwagtings van politieke hervorming by die Rockefeller-CIA-konneksie geskep. Dit word geïllustreer deur die woorde van dr. Anton Rupert (toe nog lid van die Afrikaner Broederbond en vriend van die Rothschilds en van Dave Rockefeller) tydens 'n onderhoud in 1966 toe hy aan Allen Drury, 'n bekende Amerikaanse joernalis en skrywer gesê het: "Ekonomiese geleentheid is die sleutel tot al ons probleme. Daarmee sal kom 'n verbetering van baie van die dinge waarteen die buitewêld beswaar maak. Ek glo dat die Bantoe se posisie in die volgende paar jaar beslis sal verbeter, asook die Indiërs s 'n; ek voorspel dat ons eendag algehele integrasie van die Kleurlinge in die Blanke gemeenskap sal hê." Dit herbevestig Vorster se alliansie met die Rockefeller-CIA-konneksie.
Teen die Verkramptes se verwagting in het Vorster laat blyk dat sy simpatie by die Verligtes lê toe hy in Februarie 1967 op Parow verklaar dat die Nasionale Party se vernaamste taak 'vorentoe' is om enersyds Suid-Afrika te lei om ten volle deel te word en deel te hê aan die wêreld en andersyds die betrekkinge tussen Afrikaner en Engelse (wat oorwegend verlig is) te verbeter. Vorster het na sy sogenaamde 'uitwaartse beleid' verwys. Hy het sy klem geplaas op die normalisering van die Republiek se betrekkinge met veral Afrika en nie-Kommunistiese state. Vorster se beleidsaanpassing het daartoe bygedra dat die politiek van die Nasionale Party al hoe meer verwyderd geraak het van hulle tradisionele kieser en hulle meer bloot gestel het aan die invloede van die Geldmag of die Illuminati. Op hierdie manier het die SA-Stigting, die Amerikaanse State Department en die CIA groter geleenthede gekry om hulle in te grawe in die Suid-Afrikaanse politiek en 'n nog groter houvas in die politiek gekry. Die Kaapse liberale Nasionalis, Piet Cillië, redakteur van Die Burger, het in daardie tyd gesê dat 'n dinkskrum nodig geword het om die rassebeleid te herformuleer, en die SA-Stigtinglid, sir Francis de Guingand het geantwoord met 'n voorstel van 'n gekose komitee van lede. So 'n komitee van lede van die SA-Stigting, USSALEP, die SA Institite of International Affairs en die CIA het wel in die geheim bestaan. Na wat verneem word het die komitee onder leiding van M.C. O'Dowd van die CIA geopereer. Die komitee het van April 1967 tot Junie 1969 byeengekom. Hierdie komitee het uit elf lede bestaan waaronder adv. D.P. du Villiers, Tjaart van der Walt, Gerrit Viljoen en Willem de Klerk.
'n Tweede vyfjaar-ekonomieplan is in September 1967 afgekondig. In die lig van hierdie nuwe vyfjaarplan het die SA Stigting hulle standpunt oor die Republiek se politieke pad geopenbaar wat ‘n aanduiding was dat die SA Stigting reeds volgens ‘n tydrooster gewerk het. Schoeman word aangehaal:
"Wat die oogmerke van hierdie Stigting-mense is, het in September 1967 duidelik geblyk uit 'n geskrewe stuk wat deur mnr. M. C. O 'Dowd opgestel en in naam van die SA-Stigting versprei is. Mnr. O 'Dowd se siening van die politiek kom kortliks daarop neer dat daar 'n bepaalde patroon in die ekonomiese ontwikkeling van lande is wat ooreenstem met soortgelyke patrone van sosiale en politieke ontwikkeling. Hy is oortuig daarvan dat Suid-Afrika die 'normale patroon ' van politieke, sosiale en ekonomiese ontwikkeling sal volg — van minderheidsregering, deur 'n liberale era tot 'n welvaartstaat. In die proses, sê hy, sal Suid-Afrika serassevraagstuk opgelos word, of miskien sal dit blyk dat so 'n vraagstuk nooit bestaan het nie. Dit is belangrik om daarop te let dat mnr. O'Dowd meen dat ekonomiese ontwikkeling in die finale instansie die aard van die Suid-Afrikaanse gemeenskap sal bepaal. Hy voorspel dat Suid-Afrika teen 1980 'radikale konstitusionele veranderinge' sal aanbring, wat die regering in 'n era van Liberalisme sal inlei en wat uiteindelik ook die land se rasseverdelinge sal oplos. Mnr. O 'Dowd sê dat so 'n ontwikkeling nie noodwendig gepaard hoef te gaan met 'n verandering van regering nie. 'n Verandering van bewind is nie 'n voorvereiste daarvoor nie. Dit sal spontaan kom. Dit is die Stigtingsmanne wat saam met mnr. O'Dowd na die jaar 1980 as die begin van die era van liberalisme, die jaar van radikale konstitusionele hervorming sonder noodwendig 'n verandering van regering, gekyk het. "
Bogenoemde is bloot die resultaat van die geheime komitee. Wat ook onder ons aandag gekom het, is dat daardie komitee ook voorgestel het dat 'n 'liberale staatsgreep'op die Afrikaner Broederbond uitgevoer moet word en dat beide daarna deur 'n geheime liberale organisasie gestuur moet word met een doel voor oë, naamlik 'n veelrassige bestel. Die komitee het ook voorgestel dat Connie Mulder geïlimineer moet word om te verseker dat die proses van politieke integrasie nie versteur sou kon word nie. Uit die aard van die saak was die CIA die waghond oor die klandestiene agendas wat gevoig sou word. Die CIA sou selfs asem blaas in sommiges van hierdie geheime agendapunte.