SKOOLPROJEK
WETGEWING
Wette is deur die parlement uitgevaardig om die veld te beskerm. Grond-erosie het in die verlede verminder omdat Blanke boere wat die meeste boerderygrond bestuur het en voor 1994 die land se hoofvoedselvoorsieners was, grond-erosie verstaan en beheer. Hulle is deeglik bewus van die maatreëls om erosie te bestry deur middel van kontoerploeëry, wisselbou en wisselweiding asook bosaanplanting sodat bome die grond kan bind.
Sowat 80% van Suid-Afrika se grondoppervlakte word vir boerdery gebruik maar weens oorbeweiding en erosie het reeds 250 000 hektaar verlore gegaan. Hierdie proses is bespoedig nadat die Swart regering boerderygrond ingesluit het in hulle grondeise waar grond wat Blanke boere voor 1994 op ingeligte wyse bestuur het, aan Swart opkomende boere gegee is maar nie verder bewerk is nie of op 'n onkundige wyse bestuur is. Duisende hektare het op hierdie manier verwaarloos, vee het gevrek as gevolg van die verwaarlosing van die gewasse en die grond is onderwerp aan erge erosie, dit alles ten spyte van die internasionale konvensie van 1995 wat die Swart regering onderteken het om woestynvorming teen te werk.
Ons sal moeilik sonder grond kan bestaan. Die aarde se oppervlak word deur 'n laag grond bedek wat op party plekke baie dun, maar op ander weer 'n paar meter diep is. Al die veldplante en gekweekte gewasse wat mense en diere van kos voorsien, groei in die grond. Ons behoort almal vir die grond te sorg, maar verwaarlosing, onkunde en natuurrampe het al tot ernstige erosie in Suid-Afrika gelei. Kenners glo dat 25 persent van ons vrugbare grond reeds deur erosie vernietig is.
HOE GEBEUR EROSIE?
Grond-erosie vind plaas wanneer grond verweer en weggevoer word sodat kaal, onvrugbare veld agterbly. Dit gebeur baie keer wanneer plantegroei verwyder word en daar geen stappegedoen word om dit te vervang of die blootgestelde grond te beskerm nie. Plantbedekking hou die grond met 'n netwerk wortels vas en verskaf beskerming teen gietende reën. Namate die plantbedekking doodgaan en verrot, verander dit in humus wat die boonste grondlae, of bogrond, verryk en die tekstuur verbeter. Wanneer die grondbedekking weggestroop word, kan die ryk bogrond deur wind en water weggevoer word, en gaan dan verlore.
NATUURLIKE EROSIE
Natuurkragte soos wind en water, oorstromings en droogte, het nog altyd grond-erosie veroorsaak. Oorstromings kan onverwags voorkom en baie vernietend wees. Reën wat teen 'n snelheid van tot soveel as 50 kilometer per uur neerstort, kan plante en selfs bome ontwortel. Riviere wat in vloed afkom, sleur die plantegroei op hul oewers saam en spoel die bogrond see toe. Wanneer die water wegsak, bly groot dele van die grond kaal agter.
OPPERVLAK-EROSIE
Die geleidelike stroping van dun lagies bogrond deur wind en reën word genoem oppervlak-erosie. Dit rig net soveel skade aan. Oppervlak-erosie gaan stadig maar bestendig voort. Dit kan ongemerk bly totdat ernstige skade aangerig is en sloot-erosie reeds plaasgevind het. Wanneer die bogrond weggespoel het, verskyn vore wat dieper word totdat slote of dongas gevorm het wat soms verskeie meter diep kan wees.
Droogtes rig net soveel skade aan as oorstromings. Sonder water gaan die plante dood. Hulle wortels verskrompel en kan nie meer die grond bind nie. Die droë grond verander in stof en word weggewaai, of wanneer dit weer reën, word die grond tot in riviere weggespoel.
EROSIE VANWEË DIE MENS
Die mens se aktiwiteite vernietig grond in 'n ernstiger mate as natuurlike erosie. Daar word beraam dat ons jaarliks vir elke ton mielies, suiker, koring of ander gewas wat verbou word, 20 ton grond vanweë erosie verloor. Dié grond kan nie vervang word nie omdat nuwe grond baie stadiger gevorm word as wat die voedingsryke bogrond deur erosie verlore gaan.
VERKEERDE BOERDERYMETODES
Verkeerde boerderymetodes kan uiters vernietigend vir grond wees. In die verlede was een van die vernaamste oorsake van gronderosie in Suid-Afrika die tradisionele gebruik om reguit op en af teen 'n heuwel te ploeg. Wanneer dit dan reën, stroom die water teen die helling af, spoel die vore dieper en voer die bogrond saam. Die meeste boere weet deesdae dat hierdie soort grond-erosie voorkom kan word as hulle met die kontoere langs – reghoekig tot die heilling – ploeg. Elke voor dien dan as 'n versperring wat die reënwater terughou. Grond wat deeglik gevoed word lewer gesonde plante terwyl plante in verwaarloosde grond dikwels doodgaan. Tensy die boer sy landery bemes, sal die plante nie sterk wortelstelsels ontwikkel wat die grond kan vashou nie. Die grond spoel of waai dan weg.
Wisselbou – die aanplanting van verskillende gewasse op verskillende tye in dieselfde grond – is ook noodsaaklik om grondvrugbaarheid te behou of te verbeter.
Indien die boer grond laat oorbewei omdat hy te veel diere op die veld laat wei, vreet die diere die gras en kruide tot op die grond af en die plante se wortelstelsel word verswak. Die grondoppervlak word aan wind en reën blootgestel en die verdwergde wortelstelsels kan nie die grond vashou nie, sodat grond-erosie onvermydelik word. Die oplossing hiervoor is om óf die diere minder te maak óf wisselweiding toe te pas.
Wisselweiding is wanneer veetroppe agtereenvolgend in verskillende kampe wei sodat die plantegroei tyd kry om te herstel.
Paadjies wat diere uittrap kan met reënval maklik vore word en vore word gou weer dongas.
As weiveld ondeurdag afgebrand word kan dit tot erosie lei. Soms brand boere die veld om die groei van nuwe gras vir weiding aan te moedig. Mits dit in die regte seisoen gedoen word, sal dit nie noodwendig die grond beskadig nie. Maar sterk winde ná veldbrande kan die voedingsryke as en die los bogrand wegwaai. Anders kan swaar reën selfs die verskroeide plante wegspoel en die grond kaal en bar agterlaat.
VOORBEELDE VAN EROSIE AS KUNSTENAAR
Wanneer sand deur sterk winde aangewaai word kant dit selfs die hardste rotse verweer en tot interessante rotsformasie lei. In die Vallei van Verlatenheid naby Graaff-Reinet het die wind solliede rotse tot vreemde pieke en stel kranse weggevreet.
Oorstromings en wind-erosie het ook buitengewone rotsstrukture naby Vryheid in Natal geskep.
Ook as gevolg van erosie is vreemde rotse en pieke in groot dele van die Sederberge van ongeveer 100 kilometer lank gevorm. Voorbeelde van hierdie eienaardige formasies sluit in die grotte en rotse van die Stadsaal wat die Maltese Kruis genoem word.
In die 1960's is bereken dat sowat 400 miljoen metrieke ton vrugbare slik jaarliks deur grond-erosie verlore gaan. Indien daardie grond 30 sentimeter diep versprei sou word, sou dit amper 70 000 rugbyvelde bedek! Ingeneurs het later berig dat 400 miljoen metrieke ton slik jaarliks in die Gariepdam gestort word. Dit sluit glad nie eens die grond in wat na die see wegspoel nie.