NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons moet onsself aanvaar soos ons is want dit is hoe God ons geskep het. Aanvaarding beteken dat jy waardevol is net soos jy is. Dit laat jou toe om die ware jy te wees. Jy word nie ingedwing in iemand anders se idee van wie jy werklik is nie. Dit beteken jou idees word ernstig opgeneem omdat dit jouself weerspieël. Jy kan praat oor hoe jy binnekant voel – en iemand gee werklik om. Ware selfaanvaarding word nie in die krag van prositiewe denke, kopspeletjies of sielkunde gevind nie; dit is 'n geloofsdaad wat deur die genade van God plaasvind.

BROKKIES UIT DIE BOEK HELDELAND (13)

 083 444 7672)

Wanneer Basjan voor dagbreek terugkeer van sy verkenning af, is hy meer as net effens onrustig. Hy is seker dat die aanval binnekort gaan plaasvind en hy oorweeg dit om die kinders te vat, in die Touareg te laai en pad te gee. Maar daar is ‘n iets binne hom wat nog nooit van ‘n lekker geveg af weggeskram het nie, en hy gaan ook nie nou nie.

Hy voel ook ‘n mate van lojaliteit teenoor die mense wat hulle so goed ontvang het, aanvaar het sonder verwyt en gevoer het. Hy praat met ‘n paar manne oor sy vrese en onrustigheid en, om nie vir Johan die harnas in te jaag nie, belowe hulle om dit vir hulleself te hou, maar nogtans soveel mense as moontlik te kry om meer paraat te wees. Hy sorg dat sy wapens altyd beskikbaar is en selfs die kinders hou hulle s’n naby,

*
Net anderkant die Sandrivierbrug het die massas begin saamtrek. Die kos in Messina is opgeëet, die omliggende boere doodgemaak of verjaag, die plase afgebrand en die oeste, die bietjie wat nog daar was, is venietig.

Alle mak diere, insluitende donkies en die paar geharde perde, is geslag. Honger het soos ‘n gogga in die mense se mae ingetrek en hulle vuiste laat bal. Plato het immers gesê dat anargie drie maaltye ver is en dis nou reeds baie dae van honger.

Wanneer mense verkeerde besluite neem, is hulle selde bereid om aanspreeklikheid te aanvaar. Saam met “vryheid” het verantwoordelik nie ook gekom nie. En saam met die grond wat opgeëis is, het die voorspoed nie gekom nie. Maar dis nou in die verlede. Afrika is nie bekend vir sy langtermyn planne nie en indien dit wel gemaak is, word dit nooit tot uitvoer gebring nie. Al wat nou saak maak is om kos in die maag te kry. Môre sal weer vir homself moet sorg.

Die witmense by Klein Tshipise het mos baie kos. Hulle weet van die ingesamelde oeste en die ander gewasse wat nog op die lande staan. Dis mos onregverdig dat partymense kos het, en ander nie? Dit maak nie saak dat daar miljoene hektaar braak lê nie, dat dit net so vrugbaar soos die grond by die witmense is nie, dat daar net voortgegaan moet word met boer nadat die plase onteien is nie. Wat saak maak is dat hier anderkant die heining kos is en hulle het nie daarvan nie.

Dis amper soos die water na die eerste reën. Die druppels het stroompies geword, die stroompies spruite en wanneer die spruite die rivier ingaan, word dit ‘n massa water. So het hulle een-een uit die bosse en koppie, statjies en ruïnes van die dorp gekom. Honger, teleurgesteld, desperaat. Die grondgrype het nie oeste meegebring nie, net verval. Jy kan nie Uhuru eet nie.

Een na die ander het sprekers agter op die lorrie se bak gespring en onder luide gejuig opruiende toesprake gehou. “Toespraak” is nie regtig die woord wat gebruik kan word vir slagspreuke, dans en dreunsang nie. Nyaope, daardie dwelm wat ‘n sensasie van onvernietigbaarheid bring, is saam met dagga gerook, skokiaan, wat vir baie jare nie gebrou is nie, is weer gemaak en in duisende liters gedrink.

Die pyn wat dit mettertyd sal bring, is nie nou belangrik nie, ook nie die demensie wat onafwendbaar is nie. Wat nou belangrik is, is dat niemand van hulle vry kan wees nie voordat daardie indringers uit Europa nie uitgeroei is nie. Dit maak nie saak dat die opstokers mense uit Nigerië, Etihopië, Somalië en Zimbabwe is nie. Die Venda’s, Pedi’s, Sjangaans en Zoeloes deel een gemene faktor: hulle velkleur. En alles wat ligter as donker-beige en wie se hare nie kroes nie, wie se gelaatstrekke fyn is, is die bringers van ongeluk, onvrede en hongersnood in die land. Hulle moet dood. Punt.

Eeue-oue, ingebore ritme vergesel die massa. Die voete stamp ritmies en die sang uit duisende kele, die hoë loe-loe-loe van die vroue teen die meer basklank van die manne gee aan die Dier ‘n stem en ‘n beweging. Deurentyd fluit die manne met gevoude tonge, helder, indringende fluite. Dit sou mooi wees, as dit nie so vreesaanjaend was nie.

Dis die geluid wat al vir twee honderd en vyftig jaar elke jagter, handelaar en setlaar wat in Afrika is, na sy wapens laat gryp het. Die Dier sing mooi, maar hy sing ‘n lied wat dood en slagting bring. Hy vul die horison en kom soos ‘n swart watergolf aangespoel. Dis nie ‘n reguit lyn nie, maar vloei en eb soos die kronkels van ‘n slang. Hy verteer alles in sy pad en word by die oomblik luider en meer angswekkend.

Aanvanklik kan jy nie kleur onderskei nie, dis alles swart, blinkend in die son, soos die kronkels van ‘n baie ou swart mamba. Dis amper hipnoties in sy oer-oue angswekking. Totdat dit nader kom en dan is rooi en geel en wit en blou op die hemde sigbaar, uiteindelik dan ook die wit van die verwilderde oë. Jy kan nie met hom redeneer of mooipraat, dreig of bang maak nie. Vir baie eeue het die landbouers en veeboere van alle kleure hierdie skouspel beleef, dit bewonder en daarna gesterf.

Wanneer die Dier naby die grensmuur van Klein Tshipise kom, stuit hy sowat twee honderd meter weg en dan vou sy kante soos twee Nguni-bul horings na weerskante toe; die punte kleiner en skerper namate dit om beweeg.

Die diep bas van die massa dreun nou sterker uit die kele, in diepe ritme gehou deur duisende voete, wat op-af, op-af die menigte opsweep tot ‘n frenetiese, verswelgende monster. Duisende hande hou kieries, stikke, stukke yster, pangas en messe in die lug. Pistole en AK 47’s word in die lug afgevuur; vir baie van die skuts die voorlaaste van hulle ammunisie.

Die diep donker massa van die hoofdeel staan massief en swaar. Dis onwillekeurig byna net soos Dingaan van ouds se impi’s. En die ooreenkoms hou nie daar op nie. Die klompie verdedigers is net baie minder as die vier honderd vyf en sewentig manne in die laer agter die waens. En die aanvallers is hierdie keer nie gewapen net met spiese en steek-assegaaie nie,maar met moderne wapens. En as jy jou oë sou toemaak, kan Basjan amper hoor: Bulalani Abathakati!

Uit die hoek van sy oog sien Basjan vir Jona en Bella langs hom. Iemand het vir Jona ‘n Rossi Puma hefboom-aksie karabyn gegee in .357 Magnum. Die twee kinders lyk klein en baie weerloos en Basjan beveel hulle om terug te gaan kar toe, maar hulle maak of hulle hom nie hoor nie. Die enigste teken dat sy woorde nie in die lug hang nie, is dat Bella haar ruggie stywer trek en Jona die geweer oorhaal.

Die voorste linie breek weg van die hoofgroep en storm op die plek af. Die geweerskote word amper verswelg deur die dreuning van die voete-stamp en die agterste mense kan nie hoor of sien daar word geskiet nie. Dis asof die gebeure by Bloedrivier van een honderd en tagtig jaar weer voor die objektiewe aanskouer se oë afspeel.

Die leiers hou die hoofgroep reg om ook te storm, maar hier en daar is dit soos ’n damwal wat ‘n gaatjie inkry en klein groepies hardloop saam na vore. Die eerste linie lyk asof hulle in ‘n onsigbare muur vashardloop soos die koeëls hulle tref. Van dié wat geval het staan op; sommige om weer vorentoe te hardloop, ander om terug te val, en nog ander om weer te bly lê na ‘n paar treë.

Uit die rigting van die aanvallers is daar ook nog vuurwapens, maar die meeste is in die hande van die leiers. Hulle bly op die agterhoede en spoor die besete massa aan. Die skuts skiet maar in die algemene rigting van die muur. Sommige skote is hoog bo-oor, baie is te laag en nog net soveel tref hulle eie mense van agter af. Maar dit maak nie saak nie. Van die rondtes tref drie van die verdedigers. Dis onafwendbaar. Die wet van gemiddeldes bepaal dat, as daar genoeg rondtes gevuur word, sommige raak sal wees. Vir die verdedigers is dit makliker. Dis feitlik onmoontlik om die saamgestelde massa lywe mis te skiet.

Elkeen vuur op sy eie tyd, eie teiken. Daar is net meer as ‘n honderd en tagtig mense: manne, vroue en kinders, wat in die massa in skiet. Maar soos miere wat ‘n sloot deurgaan, klim dié wat aankom oor die liggame van hulle dooies. Basjan het met die .416 baie sukses. Die rondtes, wat geweldige energie bevat, het ook baie penetrasie. En op die sagte-vel teikens, soos nou, is dit nie ongehoord dat tot vier mense neergevel word met ‘n enkele rondte nie. Waar hy die skoot invuur, is daar ‘n duidelike huiwering, soos ‘n groot dier wat bewend staan en vir ‘n oomblik gestuit word. Hy skud dan sy kop, maak krag bymekaar en storm voort. Dom, onstuitbaar en woedend. Hy bloei menseliggame, maar al is hy verwond, is hy nie naby aan dood nie.

Dan word die gapings in hulle geledere gevul met ‘n nimmereindigende voorraad lywe. Die massa kom al nader en hier en daar is daar iemand wat sy plek langs die muur verlaat om te vlug na die ver kant van die kampplek. Dis egter gering en hulle plek word gou gevul met mense wat verbete veg vir hulle lewens. Wanneer die spul nader as vyftig meter kom, ruil Basjan die lang geweer vir sy MP5. Die wapen, op vol-outomaties en met die vyf en dertig rondte magasyne, saai verwoesting onder die mense wat aanspoel.

Uiteindelik het die eerste golf misluk en die hele klomp val terug, tot waar daar in veiligheid weer ‘n opsweping kan plaasvind. Hulle maal en die voete stamp. Hier en daar is daar ‘n sirkelbeweging soos hulle in die rondte dans. Dis amper soos klein tornado’s wat wegbreek van die groot geheel.

Dan verenig die kleiner groepe en dis weer ‘n groot geheel. Anders as die Zoeloes by Bloedrivier is daar nie die dissipline wat manne soos Tsjaka en sy oudstes hulle geleer het nie. Van dié wat genoeg gehad het, hardloop weg en dis slegs die uiterste dreigemente van die leiers wat weer ‘n mate van orde bring. Gedurende hierdie pouse tussen aanvalle laai almal hulle magasyne. Basjan pak sy MP5 s’n langs mekaar op die muur, en die groot .416 rondtes in sy sak. Hy tel die doppies ook in hierdie tyd op. Hy het lang jare se gewoontes wat dit betref, en selfs in hierdie hittige tyd, besef hy dat hy nie maklik weer dopppies vir die groot dubbel gaan kry nie.

Na ‘n huiwering kom die tweede golf en daarna die derde, totdat die liggame so hoog ophoop dat die vegters daaroor moet klim. Uit die hoek van sy oog sien Basjan dat sy kinders nog steeds by die muur is en hulle veg met net soveel ywer en toewyding as die grootmense. Hy wil hulle so graag onder sy arms gryp en met hulle terughardloop tot by die Touareg en wegjaag.

Golf na golf blink lywe kom aangestorm. Hier en daar moet hulle oor gevalle kaders klim. Basjan verwonder hom weereens oor hoeveel bloed uit ‘n mens kan vloei. Die klap van skote is nou dringend en intensief. Hierdie klomp het tot veertig meter van die muur af gevorder en dis net die volgehoue vuur wat hulle weereens laat retireer. Die zhoe-zhoe-zhoe uit baie duisende kele is nou soos ‘n massiewe byenes wat die ruimtes vul. Basjan weet uit ervaring dat dit nou net ‘n kwessie van tyd is.

“Jona, jy en Bella moet regstaan en mooi na my luister!”

“Ja, oom.”

Die brander menselywe storm aan en, alhoewel die skote van agter die muur ‘n crescendo bereik, stuit dit nie hierdie keer die aanval nie.

En onvermydelik kom die eerstes oor die muur en die verdedigers moet terugval. Hulle doen dit in ‘n reguit skermutselingslyn, maar die oormag is te groot en die oorlewendes val tot by hulle voertuie terug. Hulle klim in die voertuie, wat klaar reggemaak is om te vertrek.

Uit die oop vensters skiet hulle na die massa om vir hulle kans te gee om te kan aanskakel en ry. Een vir een trek hulle by die hek uit, totdat die bottelnek te dun raak en die agterste voertuie oorweldig word. Basjan voel vir die eerste keer intense angstigheid. As hy alleen was, kon hy weghardloop en sy kanse vat in die veld. Maar met die kinders?

Hy is lus om die kar se toeter te blaas en aan die ander kant om die voertuie voor hom vorentoe te druk. Dan is daar twee voertuie wat teenmekaar probeer om by die sterk klipmure van die hek gelyk uit te gaan. Dit veroorsaak dat albei teen die hek se kante vasdruk en hulle kan nie vorentoe of agtertoe nie. Die wiele maal, klippe spat, maar die uitgang is geblok. Die vyand kom aangestorm, nou nie meer as veertig meter weg nie.

Oom Bossie se Ford F250 Diesel breek uit die ry, jaag deur die heining aan die ver kant en nog ‘n paar, Basjan met die kinders en Oubaas inkluis, volg hom deur die opening. Oom Bossie ken ‘n skelm paadjie net voor die Sandrivier en hulle draai regs, in die rigting van die N1. Na vyftien kilometer, by Schuitdrift, kom hulle op die teerpad en kan hulle snelheid vermeerder. Daar is maar nege voertuie in die konvooi.

By Klein Tshipise het die plunderaars ‘n fees. Hulle verswelg die plek, stil hulle honger, breek deure af en soek enigiets van waarde. Die waansinnigheid is nog nie oor nie en die oorlewendes word gemartel, verkrag, vermink, vermoor en verbrand.

Soos Afrika se manier is, word die huise aan die brand gesteek, die saal afgebreek, die stoele, tafels en beddegoed op ‘n hoop gegooi en gebrand. Die oorwinningsvure is hoog en olierig. Die ongeoeste gewasse op die land, wat binne ‘n week ge-oes kon word, word afgebrand. In dronke wellustigheid word alles van waarde weggedra en verbrand.

Laataand brand die oorwinningsvure nog hoër. Geeneen van die lyke word versorg nie; nie dié van vriend òf vyand nie. Waar die geskreeu en gefluit, die hoë sopraan-gejil en die voetestamp voor die aanval daarop mik was om nie net die krygers aan te hits nie, maar ook die verdedigers bang te maak, is dit nou blote uitbundige gelag en skreeu.

Uiteindelik maak waansin plek vir moeg en vaak en elkeen raak aan die slaap bloot waar hy of sy plek kry. Dis soos ‘n multi-dimensionele groot roofdier wat meer doodmaak as wat hy kan eet, hom oorversadig vreet en dan in die bloed langs die slagoffer aan die slaap raak. Môre sal die honger weer kom en ‘n volgende teiken sal gesoek word. Maar nou is almal tevrede.

*

“Is julle almal okay?”

“Ja Oom Basjan,” sê Jona.

“Ek ook, Oom, en Oubaas ook.”

Na ‘n rukkie:

“Oom Basjan? Ek het net dertien patrone oor. Ek het hulle nounet getel.”

“Dis goed, liefie. Ons sal vir jou nog kry.”

“Oom Basjan?”

“Ja Bella?”

“Dis die eerste keer dat Oom my ‘liefie’ noem.”

*

Die Verwoerd-tonnels is toe en die voertuie draai om. Die tonnels is reeds baie maande gelede opgeblaas, weerskante van die N1, met ‘n paar honderd meter stuk teer tussen-in. Op hierdie pad is daar voorheen verwoesting gesaai deur ‘n klompie manne uit dieselfde familie.

Onder die puin van die opgeblaasde tonnels is die oorblyfsels van ‘n handvol weermag-voertuie en hulle insittendes. Die owerhede het dit goedgedink om die stukkende tonnels as ‘n permanente graf vir die gesneuweldes te verklaar.

Die konvooi ry by Wyliespoort se afdraai links, Waterpoort se kant toe en dan, naby Conistone, draai vier van die motors links op, berg se kant toe.

Die ander besluit om eerder aan te ry, Polokwane (Pietersburg) toe. Hulle hoop daar is ‘n effense herstel van die beskawing. Party van hulle het familie in die voorwêreld, wat hulle baie lanklaas gesien het, en hoop hulle kan hulle opspoor. Kommunikasie per landlyn en selfoon bestaan al maande nie meer nie en die meeste mense het kontak verloor met familie vriende.

Alhoewel daar by vlugtelingskampe en ander sentra groot aansteek-borde aangebring is, met duisende briefies, stukkies karton met boodskappe op en opgekrulde foto’s, weet die meeste mense nie of hulle geliefdes dood of weg is nie. Hierdie groep het besluit om te gaan soek. Basjan probeer hulle oorreed om van plan te verander. Hy het immers ervaar hoe die land na die suide en ooste toe lyk en hy reken hulle gaan net moeilikheid kry.

“Asseblief, dink wat julle doen. Dis feitlik vir seker dat julle in moeilikheid in gaan ry.”

“Basjan, ons hoor jou. Maar is jy dan so seker dat julle veilig gaan wees, hier in die berg of anderkant?”

“Natuurlik nie. Maar die gevaar neem toe hoe verder julle na Johannesburg en Pretoria se kant toe gaan ry.”

“En die gevaar wat uit Messina gekom het? Nee. Daar is oral onsekerheid. En ons wil eerder by ons mense kom, al is dit nie seker of ons dit gaan maak nie.”

Die klompie is vasberade en na ‘n tranerige afskeid, ry hulle aan, om by die Alldays-pad links te draai na Vivo toe, en dan aan na Polokwane se kant toe. Niemand het ooit weer van hulle gehoor nie.

*

Basjan kruip nader aan Flip. Net sodra hulle wil praat is die gefluit weer daar en hierdie keer is die slag nader aan hulle.

“Sprei uit, manne! Hulle weet nie presies waar ons is nie, en hulle stuur lokaas uit!”

“Flip, ons sal hulle moet stilmaak. Hulle gaan ons sagmaak met die mortiere en dan, as ons voos is, gaan hulle aanval.”

“Ek weet. Die enigste manier…”

“Sê wat jy dink.”

“Sien jy daardie stukkie berg, met die regaf voorkant, soos ‘n jong kransie?”

Hy wys met sy wysvinger na ‘n uitstulping sowat twee honderd en vyftig meter na hulle regterkant.

“Ek sien. As ons iemand daar kan kry. Dis ver daarvan af van die mortiere toe, maar dis oop.”

“Sien jy kans, Basjan? Ek weet jy was ‘n soldaat, maar jy was nie ‘n kok of ‘n mechanic nie?”

“Nee, Flip. Ek was spesmagte. ‘n Operator. Maar my geweer kan nie van daardie krans af tot by hulle skiet nie. Dis maklik ses honderd meter.”

“Lood, gee die oom jou geweer. Dan vat jy syne”.

Lood kom nader en oorhandig sy geweer huiwerig aan Basjan.

“Dis ‘n Mauser in .338 Lapua Magnum. Hy skop soos ‘n muil, maar skiet twee honderd en sestien grein punte teen drieduisend voet per sekonde. Waarop het jy hom ingestel, Lood?”

“Op vyf honderd meter, Oom Flip”.

“So, hy val omtrent ‘n handhoogte op ses en ‘n kophoogte op sewe honderd meter?”

“Dis omtrent reg, Oom.”

“Kan jy daar kom, Basjan?”

“Ek kan probeer.”

Basjan het nie ‘n baadjie by hom nie en die manne kyk na mekaar. Hy het syne in die Touareg gelos.

“Flip, jy lyk in elke geval omtrent sy grootte. Gee vir hom jou baadjie.”

Agter die voertuie verby, loop Basjan vir ‘n paar vinnige treë gebukkend, en dan verdwyn hy in die gras. Die gras is nie baie lank nie, en nie oral ewe dig nie. Hier en daar staan dit hoog en is skuiling beskikbaar, maar daar is ook oop kolle en hy moet ongesiens daardeur kom. Hy besef dat hy betyds die mortierspanne moet uithaal voordat hulle te veel skade aanrig, maar aan die ander kant is dit lewensbelangrik dat hy nie gesien word nie. Hy moet gou maak, maar nie haastig wees nie.

“Hurry up and wait!”

Dis ses van die een en ‘n half-dosyn van die ander. Waar daar struike of bome dig genoeg is, dat hy kan kruip of gebukkend loop, doen hy dit, en as dit ‘n oopte is, sak hy op sy maag, plat op die aarde, en met sy voete en elmboë seil hy in ‘n leopard crawl.

Die bevelvoerder van die aanvallers is ‘n ou, opgeleide soldaat wat die terrein gebruik, maar ook besef dat die vyand dit net so goed kan benut. Hy weet dat die stuk aarde baie min skuiling bied, behalwe vir die gedeelte na die berg toe. Die stuk losstaande krans pla hom en hy het die gevaar besef, indien iemand na hulle vanaf hierdie stukkie berg sou skiet. Daarom het hy vir vyf vertrouelinge opdrag gegee om enige toegang daarheen af te weer.

Wanneer Basjan stadig van agteruit ‘n rosyntjiebos kruip, is die manne nie meer as veertig meter van hom af nie. Hulle verwag egter dat, indien enigiemand wel daarheen sou kom, dit skuinsweg tussen die verdedigers en die koppie sal wees.

Die roete waarmee Basjan gekruip het, is plek-plek amper kaal gestroop van enige plantegroei en die gras is te laag om regtig dekking te bied. Dis waarom die bevelvoerder hierdie stuk aarde onbewus afskryf as onbegaanbaar sonder om opgemerk te word. Maar ou spes-magte soldate is nie gewone mense nie. Geduld, selfdissipline en ‘n behoorlike gebruik van die terrein, maak hom amper onopsigtelik.

Die leier van die groep dink watter roete hy sou volg indien hy hulle sou wou bekruip. Hy weet van die vlak sloot naby die pad, die ruie bosse ‘n ent daarvandaan en die gebroke grond tussen-in.

Die pad wat Basjan volg is met min dekking. Hulle verwag dus nie ‘n aanval van hierdie kant af nie. Hy hou hulle al lankal dop en is verafsku (is dit die woord? gewalg, miskien?) deur die manier waarop hulle hulle opdrag met ‘n lakse laizes faire uitvoer. Hulle staan en rook, gesels met mekaar en kyk na mekaar terwyl hulle dit doen. So af en toe sal een van hulle kyk in die rigting vanwaar hulle beweging verwag, of selfs die verkyker vat en daardeur loer.

Vyf meter agter die groepie is daar ‘n sekelbos en Basjan mik met ‘n draai daarheen. Hy beweeg absoluut geluidloos. Sy knieë is al vel-af en die miere het teen sy linkerbeen opgekruip. Een van die grys veldmiere knyp hom in die agterkant van die waai van sy knie, maar hy lê doodstil, totdat hy sien hulle aandag is by die aansteek van ‘n nuwe rondte sigarette bepaal en dan seil hy agter die bos in.

Hy sorg dat hy nooit direk na een van hulle staar nie. Hy kon dit nog nooit verklaar nie, maar as jy aanhoudend vir iemand kyk, voel hy dit later en kyk in jou rigting. Hy vat ‘n handvol sand in sy linkerhand. Hy gaan staan stadig op, leun die geweer teen die plant en dan is hy agter hulle. Hy gryp die een naaste aan hom, breek sy nek in ‘n geoefende beweging, gooi die sand in die tweede se gesig en voordat die volgende een tot verhaal kan kom, steek hy die mes onder sy ken in, deur die mondholte en deur die man se verhemelte. Met ‘n draai trek hy die groot lem uit en in dieselfde beweging sny hy die volgende een se keel af.

Die een met die sand in sy oë, vee dit haastig uit en gryp sy geweer. Basjan steek die lem diep van onder sy diafragma in tot in sy hart. Die laaste man het sy wapen al op Basjan gerig en die duim kruip na die veiligheidsknip. Basjan gooi hom met die mes, maar anders as wat die algemene verwagtig is, dat ‘n mes wat gegooi word altyd skerpkant eerste tref, steek die punt nie in die ou se kop nie. Die kruisstuk tref hom ‘n harde hou teen die voorkop en vir ‘n enkele sekonde is hy verdwaas.

Onmiddellik gryp Basjan die geweer se loop met sy linkerhand, draai dit weg van hom af en met sy regterhand gryp hy die kolf vas. Die man pluk die geweer na hom toe terug. Basjan stamp die wapen na die man toe, anders as wat hy verwag het, dat Basjan die geweer self sou terugtrek en vir ‘n oomblik is hy van balans af.

Basjan gebruik dit om vorentoe te beur, druk hom verder van balans af, op sy linkervoet. Hy pluk die wapen nie uit die man se hand nie, maar draai die ding dwars en slaan hom met die rompdeksel-gedeelte dwars oor sy neus. Die man los die geweer en Basjan slaan hom met die agterkant van die kolf weer teen die neus. Dan tel hy sy mes op en, met sy linkerarm van agter om sy nek, steek hy die lem diep van onder af, onder sy ribbes in, sy maagholte binne. Hy draai die dik, swaar, flymskerp lem om die skade groter te maak, trek die mes uit en laat die man val.

Eers daarna, as die manne almal buite aksie is, gaan haal hy die groot .338 Lapua Magnum. Hy klim bo-op die stuk krans, trek die baadjie uit en rol dit styf op. Hieroor vat hy dooierus, druk ‘n rondte in die loop en lê aan.

Die mortiere is so ses honderd en vyftig meter van hom af. Hy verstel die fokus effens, totdat die beeld van die aanvallers skerp en duidelik is, en draai die teleskoop tot op sy maksimum vergroting. Bene effens na links, voete uitgedraai met die tone buitekant toe. Haal diep asem, blaas uit. Weer. Stadig uitblaas, wag vir sy hartklop om effens te bedaar, en dan tussen die kloppe druk hy die sneller.

Die vier mortierspanne bestaan elk uit vyf manne. Net wanneer die naaste span die projektiel in die loop laat val, skiet hy die man. Terwyl hy val, stamp hy teen die pyp en die rondte strek skuins eenkant toe, die lug in. Daarna skiet hy die nommer een agter die tweede mortier uit en ook die derde.

Die span by die vyfde mortier hou kop en hulle nommer een skreeu bevele ook na die hierdie span. Die twee moriere word opgelig en die pype sò gestel dat dit in die rigting van die skote kom. Die twee pype vuur amper gelyk, maar die manne is nie seker waar die skote vandaan kom nie – hulle het net die algemene rigting. Die eerste bom bars ver agter Basjan, en die tweede ‘n honderd meter na sy regterkant.

Hy verwissel vinnig van teiken en tref die man wat die bevele gee en vir ‘n paar sekondes is daar verwarring. Dan skiet hy die een na die ander naby die mortiere. Die hele klomp besef dat hulle onbeskut is en blootgestel aan akkurate geweervuur, sò ver weg, dat hulle nie naastenby weet waar die skut is nie. Paniek begin intree en eers huiwerig, maar later met meer ywer, vlug die klomp.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 4534 gaste aanlyn