Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Jesaja kla dat Juda slegter as diere is: “’n Os ken sy besitter en ‘n esel die krip van sy eienaar, maar Israel het geen kennis nie, my volk verstaan nie. Wee die sondige nasie, die volk swaar van skuld, die geslag van kwaaddoeners, die kinders wat verderflik handel! Hulle het die Here verlaat, die Heilige van Israel verag, hulle het agtertoe weggedraai” (Jes.1:3,4). Wat ‘n ongelooflike verval! Soos ons volk vandag?
BROKKIES UIT DIE BOEK – OUMANSLAND (11)
)
As jy ‘n klompie Afrikaanse mense in ‘n plek neersit, is hulle eerste behoefte om die plek skoon te maak. Voordat die voertuie klaar uitgepak is, sal die vroue al hulle lappe en skoonmaakmiddels begin soek.
Daar is darem ‘n boorgat en genoeg water in die opgaartenks, maar dis ‘n lang en harde dag se werk en die tannies is maar net half tevrede met die plek voordat hulle gaan slaap.
Die mans moes die hoop bottels, plastieksakke, Kentucky-kartonne en hope polistireenbakke, waar daar pap en pootjies, pap en bredie, pap en marogo en in baie gevalle slegs papoorskiet rondgelê het, ontslae raak. . Die oumanne en hulle gades is gewalg oor die toestand van die plek. Na drie dae se onophoudelike skoonmaak is die plek darem nou “effens leefbaar”.
‘n Voordeel van die harde werk is natuurlik dat, met die bevele en saamwerk, die aandra van water en die weggooi van vuil water, uitvee, skrop, afwas, misnoeë uitspreek en al die kras woorde wat daarmee saamgaan, daar nie tyd is om te tob oor die afgelope tyd se gebeure nie.
Nadat daar ‘n mate van higiëne herstel is, word daar natuurlik hout aangedra, opnames gemaak van kos, medisyne en brandstofvoorrade. ‘n Kaart word aan die spens se deur vasgemaak waarop die name van die mense, hulle ouderdomme en geslag uiteengesit is. Daarlangs is die beskikbare kosvoorraad in ‘n grafiek vasgelê, waar dit gedeel is in die hoeveelheid mense en die aantal dae waar daar genoeg kos sal wees. Die rantsoene van koffie en suiker is maar skraps en natuurlik is daar ‘n groot behoefte aan rooivleis. Die jagspanne wat uitgestuur word is baie suksesvol, maar elkeen verlang so ‘n bietjie na regte bees en skaapvleis.
“Dawie, waarom gaan ons nie maar na die kamp aan die ander kant van die berg, daar naby die Roodewal pad nie?”
“Dis hopeloos te oorbevolk. Is dit nie vir julle lekker hier by ons nie?”
“Hoe bedoel jy dat dit oorbevolk is?”
“Soos ek verstaan, is daar reeds meer as twee honderd mense, op ‘n stukkie grond so groot as twee rugbyvelde. Hulle sal hulle eie probleme met toilette en water, kos en ander goed hê. As dit ooit sou nodig word, kan ons daarheen gaan. Maar vir nou is dit vir my lekker om op ons eie te wees, of hoe?”
“Ons moet sorg dat die vyand nie hier naby kom nie. Daar moet op die een of ander manier ‘n bufferstrook geskep word. Ek weet hierdie plek is heeltemal uit die koers uit en die mense wat rondloop op soek na kos en medisyne gaan nie sommer hierheenkom nie, maar wat as hulle die idee kry dat hulle hier geholpe kan raak?”
“Nie net dit nie, Dawie. Ons moet aanvaar daar is groot gewapende bendes wat erger gevaar inhou. Julle moet in ag neem dat daar tonne en tonne wapentuig was wat die weermag net so gelaat het, toe hulle gedros het. Natuurlik is nie alles diensbaar nie, maar as hulle in groot groepe aankom, wat maak ons?”
“Ben, ons moet ook nie buite rekening hou nie dat daar ‘n klomp soldate is wat gedros het, maar nie aan iemand beheer oorhandig het nie. Sê nou net ons loop ons vas teen sulke manne?”
“Kyk, ons het mos ‘n klomp oumanne hier. Baie van julle is of was spesialiste in die een of ander manier van oorlogvoering. Wat maak ‘n mens teen ‘n oormag? Onthou, hulle is ook mense. Hulle moet eet en drink, hulle word siek en raak beseer. Hulle kan net sò lank van die omgewing leef deur te plunder, dan raak die kos op en die mense gatvol vir hulle. Ons beste uitweg is om hulle te laat wegswenk, omdat dit nie vir hulle die moeite werd gaan wees om ons te kom pla nie.”
“En hoe doen ons dit?”
“Ons frustreer hulle.”
“En hoe doen ons dit?”
“Ons doen wat Fritz gedoen het.”
*
Die afskeid, soos in alle gevalle waar die manne oorlog toe gaan, is seer en roerend. Dit word tot op die laaste oomblik uitgestel.
Oorlog? Is dit die regte woord? Uiteindelik is dit. Onverklaard, met geen duidelike lyne nie. In baie opsigte is dit ‘n etniese oorlog, waar die Zulu’s teen die Xhosas, die Pedi’s teen die VhaVendas, die Sotho’s teen die Shangaans begin baklei. Die kunsmatige samevoeging wat die regering probeer bewerkstellig het, het uitmekaar begin val die oomblik toe daar ‘n oorlewingskrisis op hande kom.
Die Zulu’s het nog nie die Shellhouse slagting vergeet nie en die koning die minagting van die Xhosas onder leiding van die ikone soos Mandela en Mbeki nie. Buthelezi is nou oud, maar hy het die mantel van leier oorgegee en sy opvolger is nie bang om die vyand aan te vat nie. Inderwaarheid is dit toe nie, soos baie gemeen het, vyftig miljoen teen vier miljoen nie, maar elke etniese groep teen ‘n ander.
Sommige gevegte ontstaan soms spontaan en is vinnig verby, ander word beplan en is meer intens. Veral die Zulu’s, wat ten spyte daarvan dat Zuma een van hulle stam is, voel van die begin af dat hulle eintlik uitgesluit is. Die woede wat vir vyf en twintig jaar opgebou is, kom tot uiting. Baie mense sterf, baie ander vlug, gaan dood aan siektes, honger en ontbering.
Skielik is daar nie meer ‘n melkkoei wat alles voorsien nie en totale verslaentheid tree in. Waar arrogansie onder die parvenu soos ‘n paddastoel gerys het, is nederigheid nou aanwesig. Maar nou is dit te laat. Suid-Afrika het homself in die maalkolk van ‘n burgeroorlog verloor.
Dit word ook nou duidelik hoe mense op ‘n krisis reageer. Onder die inheemse mense vind jy dat hulle alles in die omgewing verteer, amper soos ‘n bok wat aan ‘n tou vasgemaak word. In al-wyeruitkringende konsentriese sirkels word alles opgeëet. Niks word geproduseer nie, niks word gedoen om aan môre se behoeftes aandag te geen nie. Net vandag. Dis al wat tel. Vir ‘n baie lang tyd het dit so gebeur, en as dit nie was vir ‘n bestaande infrastruktuur wat deur blankes in stand gehou word nie, sou dit al lankal gebeur het. ‘n Sprekende voorbeeld is die plase wat hetsy onteien of deur die Staat aangekoop is vir baie miljarde rande. So is daar byvoorbeeld ‘n sitrusplaas wat, op sy hoogtepunt, ‘n lemoen kon gee vir elke agste mens op aarde. In 2017 was die produksie van daardie plaas nul en al die plaaswerkers, bestuurders en bevoordeeldes werkloos en verarm.
Die meeste van hulle het aan die begin gebly waar hulle was, en gehoop iemand bring kos en water. Na ‘n paar dae het honger en dors hulle in beweging gebring en ‘n honger massa het soos ‘n sprinkaanplaag sy vernietiging begin.
Aanvanklik het die sterkstes bloot gegryp en verorber, maar groter groeperinge en bendes het ontstaan, uitgekring en manne en vroue wat psigotiese neigings getoon het, tot nou toe onder beheer, het met blote geweld mense onder hulle mag begin bring. Soos in die ou feodale stelsels, is hier mense tot krygshere verhef, sonder perke, sonder simpatie en sonder dat iemand die moed het om teen hulle weerstand te bied. Winston Churchill het van sulke volgelingegesê:
“Some people will try their utmost to appease a crocodile, hoping that he will eat them last”.
*
Aan die ander kant van die spektrum is daar afstammelinge van mense uit Europa wat ook in sulke sirkels werk. Hierdie sirkels is egter beperk en hou voorpoed, veiligheid en vrede in.
Alternatiewe planne is gemaak nadat Eskom ineengestort het. Daar word steeds geploeg, maar nie meer so baie met trekkers nie. Die spilpunte besproei nog steeds die landerye, maar die kragopwekkers daarvoor loop op bio-diesel. Natuurlik is die produksie minder, maar steeds is dit meer as wat die eienaars kan verbruik. Orde en veiligheid word gehandhaaf deur manne, vroue en selfs kindes wat bewapen rondloop en dit nooit alleen nie.
Natuurlik sal hierdie sirkels mekaar mettertyd begin sny en hier vind konflik onvermydelik plaas. Een van hierdie behoudende sirkels is op ‘n half-onbekende plekkie in die Wolkberge tussen Tzaneen en Soekmekaar. Dis in ‘n vallei, omring deur hoë kranse en berge. Dis ‘n klein, maar vooruitstrewende plekkie, genaamd “Steynsdrif”.
Die eerste Steyn het saam met Louis Trichardt van Lang Hans van Rensburg se groep weggebreek. Die Van Rensburg-trekkers is later uitgemoor. Rolf Steyn was ‘n groot, indrukwekkende man, met ‘n rooibruin baard wat tot op sy bors gegroei het. Hy het ‘n lang, dik seekoeisambok gebruik, met ‘n knoets staal wat hy aan die voorpunt vasgeheg het. Menige ribbe, arm en selfs skedel is daardeur gebreek en hy het ‘n reputasie opgebou as ‘n man wat jy eerder moet vermy. Sy eerste vrou is dood gedurende die geboorte van hulle derde kind en sy tweede een het gesterf in ‘n blitsaanval deur verbytrekkende Shonas.
Rolf het uiteindelik, by drie vroue, dertien kinders gehad, waarvan agt volwassenheid bereik het. Malaria, geelkoors en ander siektes het drie laat sterf, en twee is dood in ongelukke op die plaas. Die oorblywende kinders, vier dogters en vier seuns, het eintlik net die plaas verlaat om man of vrou te gaan soek, die dogters in die geselskap van ten minste een van die broers, alhoewel hulle almal geprotesteer het dat hulle vir hulleself kon sorg.
Rolf het elkeen van sy skoonseuns gekeur. Meer as een het nie sy streng keuring geslaag nie, en ten spyte van die betrokke dogter se protesteringe, van die plaas afgejaag. Indien die jonge heer nie vinnig genoeg spore maak nie, sou Rolf sy sambok gaan uithaal – met die stuk yster steeds aan die voorkant.
Vir bykans twee honderd jaar is die plaas, net meer as sewe duisend hektaar groot, met ses sterk fonteine en twee spruite wat nooit opdroog nie, deur die afstammelinge van Rolf Steyn opgebou en uitgebou. Die naaste groot dorp is Tzaneen, met Pietersburg aan die ander kant. Albei plekke bied goeie afsetgebied vir die vrugte, neute en hout, beide bloekom en denne.
Met die uitbreek van die oorlog, was hulle selfstandig, ryk en goed deur die natuur beskerm na alle kante. Of so het hulle gedink.