POLITIEKE KORREKTHEID

Dr Willem Jordaan

Veral sedert 1994 lewe baie Blankes in ons land in ‘n staat van ontkenning. Ontkenning van die waarheid. Dit is aangebring deur politieke korrektheid. In plaas daarvan om uiting te gee aan hulle ware gevoelens, word hulle deur hulle werk, omgewing, sosiale stand en wat nog, geforseer om die teenoorgestelde standpunt te handhaaf.

‘n Britse psigiater het die toestand van politieke korrektheid baie raak soos volg beskryf:

Political correctness is communist propaganda writ small. In my studies of communist societies, I came to the conclusion that the purpose of communist propaganda was to persuade or convince , not to inform, not to humiliate; and therefore, the less it correspond to reality, the better.

When people are forced to remain silent when they are being told the most obvious lies, or even worse, when they are forced to repeat the lies themselves, they lose once and for all their sense of probity. To assent to obvious lies is to co-operate with evil, and in some small way to become evil oneself. One’s standing to resist anything is thus eroded, and even destroyed.

A society of emasculted liers is easy to control. I think if you exmine Political Correctness, it has the same effect and is intended to.

Politieke korrektheid is dus nie net ‘n manier om die debat te beheer en om die waarheid te onderdruk nie, maar word die slagoffer geboelie om onwaarhede te aanvaar soos die fiksie van gelykheid en dat diversiteit ‘n “brug” is.

Dit word afgedwing deur dreigemente van “haatspraak” en natuurlik deur die groot geldmagte se media. Op hierdie wyse word ‘n gemeenskap en veral ‘n volk magteloos en kragteloos gemaak.

As jy mense sover kan kry om met blatante leuens saam te stem, en nog erger om dit te herhaal, dan kan jy enigiets met hulle doen.

Dit kan vergelyk word met ‘n man wat geforseer word om ‘n moord te pleeg. Jy vernietig sy siel, jy forseer hom om oor te gee, om gehoor te gee, om sy beginselbasis te versteur en sy eie lewe te kies bo die beginsel, as ‘n mens eers sy skaamtegevoel verloor het, sy trots, sy integriteit en so sy gewete verkrag het en ‘n “vertoning” lewer net om aanvaarbaar te wees, het hy ‘n skaap geword wat ter slagting gelei kan word. Sy hele waardestelsel is hom ontneem, of hy dit ontken, of nie.

Behoorlik ontleed is politieke korrektheid dus niks anders nie as ‘n intense vorm van psigologiese en geestelike oorlogvoering. Die doel daarvan is nie net om idees en woorde te sensor nie, of om mense in die duister te hou nie. Die uiteindelike doel is om die persoon se gevoel van reg en verkeerd te vernietig asook sy skaamtegevoel. Daarby die persoon se weerstand en om die waarheid uit te leef. So vernietig jy dus ‘n persoon se selfrespek en uiteindelik sy identiteit.

As hierdie skanse van die individu gebreek is, is dit ‘n afdraande pad wat volg en waar die individu nie meer oor die vermoë beskik om self te besluit nie, maar daar vír hom besluit word. Uiteraard gebeur dit ook met ‘n totale gemeenskap of ‘n volk wat se damwal gebreek het. Dit wat juis belangrik was om daardie volk te behou, naamlik beginsel, gewete, integriteit, eer, waardigheid, selfrespek, selfbetuiging en trots – dit is tot niet.

As ‘n volk nie eers bereid is om op te staan om die mees flagrante leuens teen te staan nie, waar sal hulle uiteindelik die streep trek? Waarvoor sal hulle dan opstaan? Is daar enige plek waar hulle sal sê: Tot hiertoe en nie verder nie!?

As mense gekondisioneer is om ‘n masker te dra elke dag van hulle lewe, om ‘n vals self voor te gee, om dinge klakkeloos na te praat en toe te juig wat geen reggeaarde persoon sal doen nie, dan is ‘n “point of no return” bereik.

So kan die volgende stap deur die vyand geneem word, erger as die vorige een, en daar sal geen weerstand wees nie. Die Rubicon is oorgesteek, die waarheid het geen plek meer nie. As twee en drie en tien keer toegegee was, waarom nie ook die elfde keer nie.

Politieke korrektheid is nie net ‘n aanslag op die waarheid nie, maar ‘n aanslag op die vryheid van die individu en van die volk. Dit verander die gruwel in deug, en oorgawe in gewoonte.

‘n Gedemoraliseerde en geestelik verowerde volk kan nie terugveg nie, hulle kan nie opstaan nie. Hulle het soos robotte geword wat juig eerder as treur wanneer die vyand se tamboere slaan. Hulle juig die onreg van Blanke vernietiging toe onder die geklank van die leuens van die “onreg van die verlede”. Hulle juig as hulle land deur barbare verswelg word en hulle vermoor, martel en verkrag onder die gedreun van die ‘kriminele apartheidsbestel”. Geen huidige werklike onreg kan vergelyk word met die gewaande onreg van die verlede nie.

Wat nie besef word nie en ook nie erken sal word nie is dat hy wat hierdie pad loop, sy siel verkoop en sy volk vermoor. Die prys wat hy ontvang is ydelheid, die prys wat hy verloën is ewigheid.