HELP TOG DIE 'PROF' OM SY OUERS OP TE SPOOR!

Kriewelkop

Ek het in 'n vorige artikel verduidelik dat 'n volk, ook ons Afrikanervolk, soos in broederskap met mekaar staan, soos 'n bloedfamilie waaraan ons almal behoort – so absoluut dat ons geen keuse het nie; en so geheel en al dat dit nie gedeeltelik kan wees nie maar volkome – 'n saak waaraan jy en ek niks kan verander nie want ons is binne hierdie volksverband gebore en geplaas deur ons Skepper. Maar nou kom daar 'n ou seerower met sy kopdoek, en nogal met die Afrikaanse naam Piet Croucamp, van die Universiteit van Johannesburg, met 'n paar slegruik uitlate oor Afrikaners en Afrikanerskap, en nou moet ek weer dink of daar nie maar tog ander maniere is hoe sekere 'Afrikaners' in ons volk geland het nie. Ek meen nou maar, hulle kon dalk in die bond omgeruil gewees het. Of is dalk uit 'n ander volk wat te sleg was om hulle eie kind groot te maak, toe aangeneem deur 'n Afrikanergesin, uit die goedheid van hulle harte, wat die arme weeskind na die beste van hulle vermoë probeer opvoed het, alhoewel so 'n onnatuurlike ding meestal 'n onbegonne taak blyk te wees. Croucamp meen dat sy politieke instink wat nou ook na buite stink, 'n weersin in Afrikanerpolitiek het en dat Afrikaners nie deel kan wees van hierdie nuwe Suid-Afrika nie. Hy sê hy is oortuig daarvan dat Afrikanerskap so uitgedien is soos 'n rooksein en dat Suid-Afrika beter daaraan toe is sonder Afrikaners, dat ons maar net 'n ideologie is, nie 'n werklikheid nie. Maar, sê hy, mense wat hulself as Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners identifiseer, is glo oorwegend lojaal aan Suid-Afrika, is Moslems, Christene en Boeddhiste, het vertroue in die kommunistiese Grondwet en gee werklik nie om watter kleur of ras die regering of selfs die staat is nie, solank hy goed en regverdig regeer. Klink alte baie na FW se kliekstories...
Anders kan mens nie help om te wonder of die man se oordeel dalk so effe aangetas is met betrekking tot die begrippe 'goed' en 'regverdig' nie"...solank die regering die land goed en regverdig regeer". Wat sê hy nou hiermee: dat hy doodtevrede is met die regering se korrupsie en onvermoë om die land te regeer maar ontevrede is met Afrikaners wat hierdie land opgebou het tot 'n Eerste Wêreldland voordat die swart kommuniste dit nou feitlik heeltemal vernietig het?
Is daar nie dalk iemand wat hierdie kopdoekdraer kan help om sy biologiese ouers op te spoor nie?