...EN ONS STAAR UITWISSING IN DIE OË
Kriewelkop
DIE Christendom word wêreldwyd bedreig. Sommige plekke het dit so ver gevorder dat daar geen onduidelikheid meer oor bestaan nie. In Suid-Afrika begryp die meeste blankes dit nog nie en doen onnadenkend daaraan mee deur hulle kinders in staatskole te hou waar Christelike skoling nie meer toegelaat word nie. Tuis word daaraan ook nie meer aandag gegee nie vanweë die grootskaalse aanslag van kerkverraad en dwaalleringe wat nou so geredelik deur ons mense aanvaar word. Die spreekwoordelike proses van die padda eers in lou water plaas het hier merkwaardige sukses getoon.
Mens wonder of ons meer weerstand teen ons geleidelike ondergang sou bied indien daar met die dieselfde geweld teen ons Christene in Suid-Afrika losgetrek word as wat die afgelope tyd in Nigerië teen Christene plaasvind. Die wreedheid van die Islamitiese Boko Haram ken geen perke nie en dié voortslepende stryd waarin dorpies platgevee en mense koelbloedig uitgeroei word, is van die ergste geweld in 'n lang tyd in Nigerië.
Gedurende Maart 2015 het soortgelyke geweld in Tunisië voorgekom toe daar op toeriste by ‟n museum losgebrand is. Tunisië is een van die lande wat meer demokraties regeer word na die “Arabiese Lente”. Regdeur Noord-Afrika word Moslem subkulture gemobiliseer om tot geweld oor te gaan. Een taktiek is om onskuldige kinders te ontvoer en te breinspoel. Oral word Christelike kerke geteiken.
Op 2 April 2015 is 'n terreuraanval uitgevoer by die Garissa Universiteitskollege in die noordooste van Kenia. Aanvallers het die koshuise binnegeval nadat die wagte doodgeskiet is. Onder die studente is die Moslem-aanhangers dadelik van Christene geskei, en 147 van dié Christene is summier doodgeskiet. Die organisasie wat daarvoor verantwoordelik is, is al-Shabaab, dieselfde terreurmag wat verbind word met die aanval in 2013 by die Westgate-winkelsentrum in Nairobi.
Ons moet hier plaaslik ons ook voorberei vir 'n meer intense aanslag op ons Christendom. En wat ons nie uit die oog mag verloor nie, is dat daar geen hoop vir ons in hierdie land is, nie op ekonomiese of enige ander terrein, as ons nie met 'n vaste besluit by die punt kom dat ons ons knieë in ootmoed voor ons Skepper buig en op geestelike vlak alles in ons vermoë doen om van ons afgedwaalde weë terug te keer nie. Dan alleen sal die witman in hierdie land weer veilig en voorspoedig wees. So nie, sal ons die jongste volk ter wêreld wees wat totale uitwissing in afsienbare tyd tegemoet gaan.