HELP ONS, O GOD!

Die Psalmdigter pleit by God toe sy volksvyande wat ook haters van God was, hulle wou oorweldig – ons volk durf vandag presies dieselfde woorde gebruik: "Teen ons, u volk, smee hulle listig 'n plan, u vyande maak rumoer, u haters steek die hoof op; hulle sê 'Kom laat ons hulle vernietig dat hulle geen volk meer is nie'. O God, hou U nie stil nie, swyg nie en rus nie, o God! Help ons, o God, om die eer van u Naam en red ons en doen versoening oor ons sondes ter wille van u Naam; vergeld ons bure sewevoudig, laat voor ons oë onder die heidene bekend word die wraak oor die vergote bloed van u knegte, en ons, u volk, sal U vir ewig loof!"

Jaap Marais het in sy heel eerste toespraak ná 27 April 1994 hierdie belangrike woorde gesê: "Die enigste werkbare resep vir enige regering om suksesvol te wees rus op twee belangrike pilare. Eerstens, respek vir wet en orde in die samelewing; en tweedens 'n gesonde, groeiende ekonomie. Hierdie terroristebende wat nou ons nuwe regering geword het is gebore nie in staat om enige van dié twee voorwaardes te laat realiseer nie. Daarom sal hulle misluk en uiteindelik sal die nuwe bestel in duie stort. Wanneer dit gebeur, sal dit gepaard gaan met geweld, anargie en sosiale chaos..."

Toe hy later gevra is hoe lank dit sal duur vir die ineenstorting om te realiseer, het hy soos volg met die metafoor van 'n stoomtrein op vol spoed geantwoord: "Ons moet onthou dat Suid-Afrika 'n baie groot en sterk ekonomie het". (Dit was Mei 1994 en die Rand was steeds op sowat R3.50 teen die VSA dollar. SA se ekonomie was die grootste in Afrika.)

Mnr Marais vervolg: "Die plundering van ons ekonomie sal werk soos 'n stoomtrein wat op vol spoed is. Hoe minder kole hy kry, hoe stadiger sal hy ry, maar ons moet onthou dat 'n groot stoomtrein baie momentum het. Dit vat tyd om hom tot stilstand te kry..."

Die heel belangrikste aspek waaroor mnr Marais in sy laaste dae oor en oor gewaarsku het was sy visie oor wat sal gebeur die dag as die nuwe bedeling in duie stort. Hy het gesê: "So seker as wat die son môre-oggend sal opkom, is die feit dat die ineenstorting van hierdie nuwe onwerkbare stelsel uiteindelik sal kom. En net so seker is die feit dat wanneer dit gebeur, dit gepaard sal gaan met geweld en anargie. Dit is dán dat ons as Boere gereed moet wees om onsself en ons land te verdedig en terug te vat, want dit is in tye soos dié dat nuwe grense getrek word en die sogenaamde 'onomkeerbare' weer omgekeer sal word..."

In die lig van die anargie en chaos wat ons tans in die land ervaar en in die lig van die wankelende Suid-Afrikaanse ekonomie moet ons erken dat die trein nie ver van stilstand is nie. Te veel geld is verduister en te veel skade is aan Suid-Afrika aangerig – geen departement funksioneer meer nie, geen instansie is onaangetas nie.

Op die vraag of die Boerevolk gereed is om grense te trek ter wille van oorlewing, moet daar ook erken word dat die meerderheid van die volk geen belang het om hulself te laat geld en te beveilig nie. Kyk ons na die morele verval is dit maklik om te besef dat die Blankes wat ál die sonde van afgode aangeneem het, wie so vol tatoeëermerke is dat mens naar voel, wat die kerk verlaat het, buite die huwelik saamleef en daaroor praat asof dit deur God goedgekeur word, God verlaat het. Waarom sal God dan hierdie volk wil spaar? En as ons totaal uitgewis word, sal ons die jongste volk ter wêreld wees wat hierdie pad gestap het – wat ‘n skande, ons wat tradisioneel ‘n Christenvolk was, wat al die aandag en beskerming van ons Skepper ontvang het maar dit soos ‘n vuil lap weggesmyt het!

Bid onophoudelik dat die Here ‘n oorblyfsel van die Afrikanervolk (wat die Christendom sal terugbring en die land opbou), sal beskerm wanneer hierdie trein tot stilstand kom, die swartes op alles toesak en plunder, afbrand en uitmoor. Anders sal hierdie eens pragtige land vinnig in ‘n barbaarse woesteny verander en was die bloed waarmee ons hierdie land betaal het, tevergeefs. En bid dat God dan self hierdie land sal kom regeer want ons kan NOOIT weer hierdie pad stap nie!