11 AUGUSTUS

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Wanneer jy siek is, is jou hele menswees siek, ook jou  verstand, jou emosies en jou gees. As jy na die Here vra wanneer jy siek is kan jy seker wees dat Hy nooit ver van jou af is nie. Skep moed, vra God wat sy doel met jou lyding is, en jy sal nuwe sin in die lewe vind as gevolg van hierdie moeilike tyd.