Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
As ons bly en dankbaar voel oor ons hemelse Vader ons so liefhet dat Hy tot die getal hare op ons koppe ken, sal ons lus voel om dit van die 'dakke af te verkondig'. Die Here vra egter in sy Woord dat ons niks meer verkondig as wat Hy aan ons geopenbaar het nie en sy Voorbeeld moet volg om te swyg oor verborgenhede maar alles uit ons kennis van die Woord met ander te praat – ons het dus 'n groot verantwoordelikheid om die Woord deeglik te bestudeer sodat ons weet waarvan ons praat om só ander nie te mislei nie.