18 APRIL 2021

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons leef in 'n tyd waarin die waarheid nie meer hoog geag word nie maar die enkeles wat nog graag in die waarheid wil leef kan saam met Dawid sĂȘ: "Toets my HERE, want... ek wandel in u waarheid, Ek sit nie by valse mense nie, en met slinkse mense gaan ek nie om nie. Ek haat die vergadering van kwaaddoeners, en by die goddelose sit ek nie... my voet staan op gelyk grond; ek sal die HERE loof in die vergaderings."