9 MEI 2025

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

As jy reeds ver gevorder het op jou pelgrimsreis, mag jy dink dat jy geen grond of reg het om op te loop nie. Jy leef egter vandag - en dit is die kosbaarste wat God aan jou gee. Benut elke uur van elke dag optimaal en moet dit nie bederf om die oor kortstondigheid van die lewe te knies nie. Gee al die liefde en begrip waaroor jy beskik aan hulle wat jou lief het. Jy sal beloon word deur die wete dat jy in die voetstappe van die Meester wandel.