9 AUGUSTUS 2025

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Hemelse Vader, ek het al so baie keer probeer om heilig te lewe maar ek kry dit nie reg nie. Soos Paulus moet ek bely dat ek graag die goeie wil doen. Vergewe my dat ek so lief is vir myself en so besig is met my eie dinge dat daar maar min tyd oorbly vir U en die mense wat my nodig het. Help my om heilig te lewe sodat ek sal doen wat U wil hĂȘ.