Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
HERE, U weet beter as ek dat ek ouer word en dat ek eendag oud sal wees. Help my asseblief om nie praatsiek te word nie, en behoed my veral van die noodlottige gewoonte om iets te sĂȘ oor elke onderwerp en by elke geleentheid; help my asseblief om eerder te luister en daardeur 'n waardevolle bydrae te lewer.