Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Daar is so baie stukkende verhoudings in ons lewens. Dit sal beter gaan wanneer ons onthou dat waar die liefde regeer, daar geen begeerte tot mag is nie, en waar mag oorheers, ontbreek die liefde gewoonlik want dit kan nie forseer word nie – dit is die mees spontane emosie van ons lewens. Moet dus nie die liefde in die skadu van magsbeheptheid plaas nie, dit sal nie gedy nie!