Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons lees dat nie almal die voorreg het om deel aan die HERE te hê nie. Wie mag dan in God se 'tent' vertoef? Ps 15 vertel ons dat net opregtes, mense wat in die waarheid leef, wie nie skinder en lieg nie, en boonop nie dobbel en omkoopgeskenke aanneem nie, onwankelbaar sal staan in God se teenwoordheid. Hieruit blyk dit dat talle mense verlore sal gaan indien hulle nie hul weë betyds verander nie.