Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Het ons volk ons hart wat aan God behoort van Hom gesteel? Seker daarom dat ons Hom nie meer ken nie - afgedwaal het. Die troos is egter dat Hy dit nie so aanvaar nie! In Jeremia 24:7 sê Hy wat Hy ook vandag vir die Boerevolk in Suid-Afrika sê: "En Ek sal hulle 'n hart gee om My te ken, dat Ek die HERE is; en hulle sal vir My 'n volk wees, en Ek sal vir hulle 'n God wees, want hulle sal na My terugkeer met hul hele hart".