Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Verstommend is die passiewe rol wat Adam by die sondeval gespeel het. Hy was heelwaarskynlik by Eva toe sy mislei is om die verbode vrug te eet. Hy het niks daaraan gedoen nie. Eva het minstens probeer om Satan te antwoord, maar ons hoor niks van Adam nie, net dat hy van die vrug geƫet het. Hy het dus ook die keuse tussen sonde en lewe gehad.