Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
God het in die mens die sterkste krag op aarde geplaas - die krag van keuse en vrye wil. Die mens se lewe sou voortaan die produk van sy keuses wees. Soos hy besluit, sou sy lewe wees. As hy reg besluit, verloop sy lewe reg. As hy verkeerd besluit, dra hy die gevolge!