10 SEPTEMBER 2022

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Het jy al gesien wat dankbaarheid aan mense doen? Geen selfsug, geen eie-ek op die voorgrond, geen stryd in jou binneste nie,  dus geen stryd meer tussen mense wat vir mekaar omgee nie. Daar is slegs die allesoorheersende wete dat jy op die regte plek is, ongeag jou omstandighede, en hieroor kan jy verskriklik dankbaar bly!