Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
‘n Goeie volksleier hou van eerbare uitdagings omdat dit aan hom geesteskrag verleen en tot groot hoogtes aanspoor. Soos wat ‘n hoenderhaan die dagbreek nooit kop onderstebo aankondig nie, bly ‘n gelowige volksleier optimisties omdat hy weet Wie die son laat opkom.