Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Daar is nie klein en groot sondes in die sin dat sommige minder sondig as die ander is nie. Alle sondes is ewe sondig. Sekere sondes het wel ernstiger gevolge en verdien daarom groter veroordeling. In die gelykenis van die waaksame dienskneg in Luk.12 sê Jesus: “En daardie dienskneg wat die wil van sy heer geken het en nie klaargemaak of volgens sy wil gedoen het nie, sal met baie slae geslaan word; maar hy wat nie geweet het nie en gedoen het wat slae verdien, sal met min slae geslaan word…” (:47,48).