11 OKTOBER 2012

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Daar is ‘n doel met pyn.  Daardie doel ontdek net jyself in jou worsteling met God!  Dit mag selfs ‘n wonderlike ontdekking wees.  Die kind van God loop die pad van beproewing nooit  alleen nie.  God is elke oomblik met hom.  Hy hoor die versugtinge van sy kinders!