TJANKENDE HONDE EN HUL KASTYDERS

DIE STOCKHOLM-VERRAAIERS

Almal het seker al van die Stockholm-sindroom gehoor, maar laat ons net weer duidelikheid daaroor kry. Die Stockholm-sindroom is ʼn sielkundige verskynsel wat ontstaan wanneer mense hulle só met hul vyand vereenselwig, dat hulle dié selfs verdedig.  Hierdie benaming is aan ʼn gyselaardrama in 1973 ontleen toe gyselaars tydens ʼn rooftog in Stockholm met die rowers eenstemmig geraak en hulle selfs gehelp het.  Sommige persone wat deur booswigte gevang of op een of ander wyse mishandel word en niks aan die situasie kan doen nie, werk saam met die booswigte om die situasie draagliker te maak, maar dit maak nie die saak reg nie. 

Dieselfde ding gebeur ook in Suid-Afrika met volksgenote wat soos tjankende honde die hande van hulle kastyders lek. Dit maak egter van hulle volksverraaiers in die eerste graad. Om saam met die korrupte regime te werk of enigsins simpatie met hulle te hê hou geen voordeel vir enige van die lydendes in nie. Inteendeel, ons volk word net verder as die verslane vyand gesien wat by elke moontlike geleentheid verneder moet word. Dit is juis die volk se oënskynlike inskiklikheid wat selfs die moorde op Blankes die hoogte in laat skiet. En met benaminge soos Regstellende aksie en Swart bemagtiging word die hele Blanke volk in die modderpoel van onregskepping versmoor.

En hoe reageer ons daarop?   Span ons saam en veg terug?   Met die uitsondering van ʼn handjievol mense wat wal gooi, is die antwoord nee. Dit het ons ook gesien toe die Covid-“inenting” op ons afforseer is – talle het oor hulle eie voete geval om die regime te gehoorsaam; nou is die howe oorvol van eise vir ernstige beserings agv die gifspuit – lees selfs in MaroelaMedia daaroor.

Ons volk beskik oor die nodige kundigheid om die land terug te neem en die skade te herstel.  Al wat dit verhoed, is die kollektiewe Stockholm-sindroom wat ons volk lamlê.   Die meeste Blankes vereenselwig hulle met die verfoeilike toedrag van sake net om te oorleef – eiebelang bo volksbelang.

Ons het een van vier keuses – veg terug, vlug buiteland toe, ontken die situasie of vereenselwig met die vyand. Wie laasgenoemde kies, moet maar tevrede wees met die krummels wat van die onderdrukkers se duur feestafels val waarvoor Blanke belastingbetalers betaal. Ons wat bly terugveg, is nie tevrede nie!  Desondanks glo hulle dat dit met verloop van tyd vrug sal afwerp en dat hul verdraagsaamheid tot goeie rasseverhoudinge sal lei – wensdenkery op sy ergste! Goeie rasseverhoudinge bestaan net in afsonderlike ontwikkeling waar elke ras oor sy eie volk seggenskap het – naasbestaan, nie saambestaan nie.

Maar al voel ons ook hoe magteloos teen die voortslepende onreg in ons land, mag ons nooit ophou om daarteen in opstand te kom nie – om aan ons vyand te wys ons gee nie ín of óór nie!  Selfs wanneer genoeg vlooie op die regte plek byt, kan dit ʼn groot hond so ongemaklik maak dat hy van rigting verander.  Maar vóór dit gaan gebeur, sal ons egter eers van die vloek van die kollektiewe Stockholm-sindroom wat ons volk teister, ontslae moet raak. ’n Volk kan dwase leiers oorleef, maar nie verraaiers nie!