“Genocide”en “volksmoord” in Suid-Afrika?
Johann Dannhauser
“Genocide is an international crime defined under the 1948 UN Convention as specific acts—including killing, causing severe harm, or imposing fatal conditions—committed with the intent to destroy, in whole or in part, a national, ethnic, racial, or religious group. It is characterized by targeted, intentional destruction rather than random violence. The core element is the clear intent to physically destroy a specific group. It must be a national, ethnical, racial, or religious group.”
Daar woed tans in en oor Suid-Afrika ’n intense debat of hier ter plaatse ‘n “genocide” of dan wel ‘n “volksmoord” aan die gang is, of dan al nie. Opmerklik in hierdie debat is dat die skeidslyne nie duidelik getrek is nie en dat die definisies nie duidelik omskryf is nie.
Om dus ‘n sinvolle inset in hierdie debat te maak, is dit nodig om eers duidelikheid te kry oor die skeidslyne en oor die definisies. Dit is egter op hierdie punt dat die debat subjektief raak en is die res van hierdie inset subjektief van aard.
Die eerste aspek vir duidelikheid is wie presies is die mense op wie die “genocide” of dan “volksmoord” van toepassing sou wees, al dan nie? Is dit blankes in SA, of is dit “Afrikaners”, of is dit die volk van Afrikaners oftewel die Boerevolk? In hierdie verband dien in ag geneem word dat deesdae nie alle “Afrikaners” hulself as “Boere” beskou nie en dat nie alle “Boere” hulself as “Afrikaners”beskou nie.
Dit is die uitgangspunt van hierdie inset dat uit die sameltkroes van hul geskiedenis veral gedurende die afgelope sowat twee eeue is die Afrikaner gevorm tot 'n volk in eie reg, met sy unieke afkoms, geskiedenis, taal, kultuur, prestasies en toekomsaspirasies. Hierdie is dus nie bloot 'n kultuurgroep of 'n bevolkingsgedeelte nie, maar 'n volwaardige volk.
Hierdie volk ken van Christelikheid, ontwikkeling, wet en orde, selfregering en vryheid en dit is waarna dit onverbiddelik streef. Hierdie strewe manifesteer weer hoofsaaklik onder diegene wat hulself met trots Boere noem - derhalwe kom ons uit by die Boerevolk.
Word vervolgens gekyk na die globale prentjie, dan word in die wêreldgeskiedenis gesien die stryd tussen Lig en Duisternis, wat o.a. neerslag vind in die stryd nasionalisme vs. globalisme. Laasgenoemde streef na wêreldoorheersing en verslawing van die ganse mensdom en daarom pas Boere-nasionalisme nie daarby in nie.
In die Suid-Afrika van vandag is daar onmiskenbaar ‘n totale aanslag teen die Boerevolk en moet van hierdie volk ter wille van globalistiese doelwitnajaging ontslae geraak word. Die marionetmeesters is die Nuwe Wêreldorde (NWO), die pion is die ANC en die program is die National Democratic Revolution (NDR).
Dit bring ons by “genocide” of populêr vertaal as “volksmoord”. Volkeregtelik word dit soos volg gedefinieër: “Genocide is an international crime defined under the 1948 UN Convention as specific acts—including killing, causing severe harm, or imposing fatal conditions—committed with the intent to destroy, in whole or in part, a national, ethnic, racial, or religious group. It is characterized by targeted, intentional destruction rather than random violence. The core element is the clear intent to physically destroy a specific group. It must be a national, ethnical, racial, or religious group.”
Dus volgens hierdie definisie is die kernelement fisiese vernietiging. Dié is egter nie so oorweldigend aanwesig in die huidige Suid-Afrikaanse opset nie, waar bv. die nasionale weermag losgelaat sou word om, sê, blanke Afrikaanssprekendes voor die voet dood te maak nie. Só ‘n volksmoord het bv. voorgekom in Stalinistiese Rusland, in Khmer Rouge-Kambodja, in 1994-Rwanda, ens., asook tot groot mate met die Brtise verskroeide-aarde-veldtog in die Anglo-Boere-oorlog.
Tans in SA is die aanslag teen die Boerevolk veel meer omvattend en subtiel en behels dit o.m. die volgende:
Die verbreking deur die ANC van feitlik elke voorwaarde waarop die vorige regering regeermag in 1994 aan die ANC oorhandig het.
Die sowat 144 diskriminerende anti-blanke wette wat die ANC ingestel het en wat dek vanaf ekonomiese deelname tot universiteitstoelating en vanaf watergebruik tot landbou-uitvoere, ens. ens.
Aanhoudende wreedaardige moorde deur swart mense op blankes, op plase en in dorpe en stede.
Die grootskaalse oorname van Afrikaanse skole en verengelsing – in die naam van “demografie”.
Die verwydering van Afrikanergeskiedenis uit skoolleerplanne.
Anti-blanke universiteitstoelating.
Die verengelsing van alle tradisionele Afrikaanse universiteite – in naam van “demografie”.
Afdwinging van anti-blanke kwotas in sportspanne, vanaf skole- tot internasionale vlak.
Die politieke en wetgewende dryf om “gesteelde grond in besit van blankes aan swartes as die regmatige eienaars terug te gee”.
Die voorstel om art. 235 van die Grondwet t.o.v. selfbeskikking vir Afrikaners/Boere te skrap.
Die veelvuldige vyandiggesindheid jeens blanke boere as kosprodusente om hul van hul plase te verwyder.
Die eensydige verandering van gevestigde plek- en straatname oorspronklik gegee deur diegene wat die ontwikkeling geïnisieër het.
Die vergoeiliking van die lied “Kill the Boer”.
Die gebruik van die ANC om “apartheid” te blameer vir alles wat in hul huidige mislukte SA verkeerd loop.
So gaan die lys aan.
Dit is dus ‘n totale aanslag teen die Boerevolk met die doel om hom finaal te breek en te verhoed dat hy as volk voortbestaan. Die hoofrede waarom daar nog nie ‘n volskaalse militêre aanval geloods is nie, is omdat hulle weet feitlik elke Boerehuishouding is bewapen en daar kan teruggeskiet word.
Uit die voorafgaande kan die volgende gevolgtrekkings gemaak word:
Die aanslag teen die Boerevolk val buite die volkeregtelike definisie van “genocide”, hoewel dit op uitwissing neerkom.
“Volksmoord” as vertaling vir “genocide” is nie korrek nie en sal “volksuitwissing” ‘n beter woord wees.
Volksuitwissing is tans inderdaad besig om in Suid-Afrika plaas te vind.