9 NOVEMBER 2023

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons weet dat 'n testament deur 'n persoon opgestel word wanneer hy nog leef, en dat dit eers in werking tree wanneer die testamentmaker te sterwe kom. Ook in die Bybel het sterfte met bloed 'n verband; daarom het ook die 1e Testament (die OT) met bloed gepaard gegaan toe diere geoffer is en hulle bloed vir mense as boetedoening moes dien. Die Nuwe Testament het ook met bloed gepaard gegaan toe Christus se bloed vir ons gevloei het. En die erfenis wat ons uit sy Testament ontvang, die ewige lewe, is die grootste nalatenskap wat enigiemand kan erf!