2 FEBRUARIE 2024

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Dit gebeur so maklik dat ons as gevolg van ons emosies sondig; die oomblik as jou 'eie ek' seergemaak word, veg jy terug vir die beste vir jouself maar sonder om te dink hoe selfs onskuldige mense dikwels in die proses seerkry. Al wat ons in hierdie verlore toestand kan red, is die genade van God. Bid dat die Here jou wysheid, insig, geduld en 'n vergewensgesindheid sal gee sodat jy met selfbeheersing kan leef.