16 JULIE 2021

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treƫ nie alleen nie. My lewe het eenmaal waarde en sin gehad. Ek het gewerk, gely, invloed uitgeoefen. Wat ek gedoen het, skuif al hoe verder weg. Ek vra u om my te bewaar van bitterheid, van die drang om my kennis te bewys. Ek wil leer om te laat los. Ek wil my op niks anders as u goedheid verlaat nie.