Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons leef in 'n skrikwekkende tyd waarin selfs Christene sondes wegpraat – dit het selfs 'n speletjie geword. Ons bely ook nie meer ons sondes opreg nie, ons sidder nie meer daaroor nie: ons skrik net wanneer die gevolge van sonde onhanteerbaar word – is dít nie skrikwekkend nie!
SEPTEMBER - VERWOERDMAAND
Johan Dorfling
Waarom word September as Verwoerdmaand beskryf? Dit verg deeglike naleeswerk en naslaanwerk om by die geldigheid van die benaming uit te kom.
Word verder gekyk, het groot dinge rondom dr Verwoerd in September plaasgevind. Hy is op 8 September 1901 gebore.
Hy is vanaf 1 Oktober 1937 as redakteur van die nuutgestigde koerant, Die Transvaler, aangestel, maar het Septembermaand gebruik om by 'n ander partykoerant ondervinding op te doen sodat hy deeglik voorbereid kon wees. 'n Kenmerk van groot leiers.
Die Voortrekkerpers-gebou is in September 1941 nie-amptelik deur soldate-gepeupel aangeval. Dr Verwoerd was min opgewonde oor die aanval. Na alles tot ruste gekom en die aanval afgeslaan was, het hy kalm en rustig na sy motor toe uitgestap.
In 'n toespraak in die senaat op 3 September 1948 het hy die betekenis van apartheid duidelik en ondubbelsinnig uitgespel. Teenstanders van die beleid was stomgeslaan oor die helder gedagtegang en toekomsvisie.
Op 17 September 1956 het dr Verwoerd voor die kongres van die Instituut van Administrateurs van Nie-blanke Aangeleenthede die samewerking tussen plaaslike owerhede en die staat noukeurig uitgelê.
Hy is op 2 September 1958 as Eerste Minister verkies. Op 3 September 1958 het hy in 'n besielende toespraak dit duidelik gestel dat hy 'n hand van vriendskap na almal uitsteek, wit en swart, en dat hy na 'n republiek sal strewe en dat skeiding ‒ of dit woongebied of landgebied of lewensterrein betref ‒ volle kanse vir almal inhou. So iets kan net vir elkeen binne sy eie rassegemeenskap beplan en bewerkstellig word.
Een van dr Verwoerd se eerste dade wat hoog waardeer was, was sy besoek vroeg op 6 September 1958 aan dr D F Malan, gewese Eerste Minister, by sy huis Mȏrewag op Stellenbosch. Dit was 'n goeie gebaar omdat dr Verwoerd se pas te vinnig vir dr Malan was. Nietemin, dit het dr Verwoerd as 'n staatsman eer aangedoen omdat hy die hand van versoening en vriendskap uitgestrek het.
Tydens 'n onderhoud wat hy op 8 September 1958 met sommige buitelandse joernaliste gehad het, het hy gesê: "een van die grootste beginsels van Suid-Afrika se finansiële beleid (is) om kapitaalvorming in die binneland aan te moedig". Daarin het hy geslaag.
Dr Verwoerd het op 13 September 1960 'n persverklaring uitgereik oor maatreëls wat die regering beplan het. Hoofsaaklik het dit gegaan oor sy doeltreffende strewe na desentralisasie van industrieë sodat werkgeleenthede meer verspreid kon wees.
Mense dink dikwels aan die volkstemming vir republiekwording wat op 5 Oktober 1960 plaasgevind het, en die besondere sukses wat dr Verwoerd behaal het. Waaraan egter selde gedink word, was dat dr Verwoerd gedurende September 1960 dag en nag gewerk het om die kiesers te laat besef dat 'n republiek vir Suid-Afrika van die grootste belang was. Sy werk in September was deurslaggewend. Onder meer het hy groot gehore op 18 September 1960 te Ladysmith in Natal en op 25 September 1960 te Windhoek getrek. Op 20 en 21 September het hy 'n brief in sy eie handskrif aan al die kiesers laat stuur om te verduidelik waarom dit noodsaaklik was dat Suid-Afrika 'n republiek sou word.
By geleentheid van die naamgewing van die gebou vir ingenieurswese aan die Universiteit van Pretoria op 15 September 1961, het dr Verwoerd gemeld dat Suid-Afrika nog baie moet doen om ons eie deskundiges op te lei en nie bedelaarshande moet uitsteek nie. Daarmee het hy "Skep jou eie toekoms" bevestig..
In sy toespraak op 19 september 1961 tydens die kongres van die Afrikaanse Handelsinstituut het dr Verwoerd nege vereistes gestel. Dit het behels die fabrieksnywerheid, die uitvoerhandel, gesonde beleggingsklimaat, kapitaalbelegging, leemtes in die ekonomiese lewe, grensnywerhede, mynbou, buitelandse vertroue en die wetenskap. Sy kennis en insig van alles wat van belang was, was wyd.
In dr Verwoerd se antwoord 'n vriendelike brief van "Sons of England" waarin hulle hul goedgesindheid en diensvaardigheid aan Suid-Afrika uitgespreek het, het dr Verwoerd op 25 September 1961 heel gepas geantwoord dat hulle gesindheid waardeer word.
Toe dit duidelik was dat die Sentraal-Afrikaanse Federasie (Zimbabwe, Malawi, Zambië) in duie sou stort, het dr Verwoerd hom daarvan weerhou om in die betrokke buurstate se sake in te meng. In 'n toespraak in Pretoria op 4 September 1962 het hy beklemtoon dat hy bereid is om met die lande saam te werk, maar nie in hulle sake in te meng nie. Standvastig was hy.
Op 11 September 1962 het dr Verwoerd 'n kommissie aangestel om verslag te doen oor die omstandighede in Suidwes-Afrika (Namibië) en die inligting het in 'n groot mate gehelp dat die Wêreldhof in 1966 ten gunste van Suid-Afrika besluit het. Hy het dit sien kom.
Dr Verwoerd het op 3 September 1963 in Pretoria die aanbod gedoen dat Suid-Afrika die drie Britse Protektorate (Lesotho, Botswana en Swaziland) stap vir stap na volle onafhanklikheid kan lei. Hy het dit ten volle goedgekeur dat Brittanje aan hulle onafhanklikheid wou verleen en daarop gewys dat die protektorate en Brittanje daarmee apartheid onderskryf net ssos Suid-Afrika dit toepas. Ironies was Brittanje daarteen dat Suid-Afrika onafhanklikheid aan die swart volke binne Suid-Afrika (Transkei, Boputhatswana en ander) verleen. In dieselfde toespraak het hy bevestig dat hy nie in 'n woordestryd (Kennedy en Stevenson se onvriendelike woorde teenoor Suid-Afrika) betrokke wil raak nie. Hy het verkies om te verwys na sake wat eenheid, vriendskap en samwerking kon bevorder.
September 1963 - By herdenking van die Afrikaanse Handelsinstituut se 21ste verjaardag, het dr Verwoerd beklemtoon: Die Afrikaner "moet en sal, hand aan hand met sy ander landgenote, nuwe geleenthede skep en 'n verhoogte lewenstandaard help opbou tot bate van die hele bevolking van Suid-Afrika".
In 'n toespraak op 28 September 1963 te Heidelberg het dr Verwoerd op Israel se dade van onvriendelikheid reageer. Steeds het hy vriendelik dog ferm Israel tereggewys en sy standpunt van vrede herbeklemtoon. Indien daar in Suid-Afrika, as gevolg van die optrede van Israel verset teen die Jode sou ontstaan, dit net so onregverdig sou wees as wat die wêreld teenoor Suid-Afrika openbaar.
Kenmerkend van dr Verwoerd dat hy vrede nastreef en ander volke graag wil help, het hy op 16 September 1964 in Bloemfontein verklaar: "Dit sal Suid-Afrika se strewe moet wees om deur ons handel met vyandige nasies soos in Afrika die bron van vriendskap te ontwikkel. " Hy het na die 100 000 sak graan aan Basoetoeland (Lesotho) verwys wat mense van hongerdood gered het en gesê dat hy dit weer sal doen omdat hulp deel van apartheid is, al het Brittanje nie van die hulpverlening gehou nie.
Die legendaries Loskopdam-toespraak van dr Verwoerd op 4 September 1965 het sy visie weer eens sterk beklemtoon.
Tydens 'n toespraak op 25 September 1965 in Heidelberg het dr Verwoerd verklaar dat die Afrikaanse geldmag volkgebonde moet bly. Dit moet nie weggroei van die volk nie, want dan sal dit teen die volk gebruik kan word. Volgens afleiding het hy bedoel dat ons ons eie mense geldelik moet ondersteun soos koop en belê by volkgenote en nie by ander volke nie.
Hoofman Lebua Jonathan het op 2 September 1966 op sy versoek 'n vriendskaplike ontmoeting oor met dr Verwoerd gehad wat laasgenoemde se beleid van vrede, samewerking en voorspoed met buurlande bevestig het.
Om af te sluit, die groot gees in Afrikanergeledere is op 6 September 1966 vermoor, op 8 September sou hy verjaar, en op 10 September is hy begrawe.
In hierdie geskrif blyk duidelik dat dr Verwoerd werklik 'n briljante man was. Alles wat hy in September gedoen het, dui onteenseglik daarop dat September met groot regverdiging as Verwoerdmaand bekend moet staan. Natuurlik het dr Verwoerd nie net in September aansienlike dade verrig nie. Die maand Mei staan ook hoog op sy lys, en ook Maart en al die ander maande van die jaar. Tog is September bo-aan die voorkeurlys.