WIE SWAAI DIE SEPTER? (1)

Dr Michael J. Hurry

Lees reeks by Wie swaai die septer?

Die Russiese wetenskaplike, Ivan Pavlov (1849-1936) was 'n pionier met eksperimentele tegnieke. As wenner van die Nobelprys in 1904, is hy beroemd vir sy navorsing oor bloedsirkulasie en spysvertering. Pavlov het byna per ongeluk ontdek hoe om outomatiese reaksie by diere te bewerkstellig. Uitbreiding van sy eksperimente, toegepas op mense, het beslag gegee aan die Gedragskool van Psigologie. Vandaar was die vermoë om die massadenke te beheer maklik.

Pavlov het opgemerk dat honde, wat hy vir eksperimente in hokke gehou het, se speeksel begin vloei en hulle ook opgewonde geraak het, sodra hulle die emmers, waarin hulle kos hokke toe gebring is, hoor klink het. Die speekselvloei het plaasgevind lank voordat hulle die opsigter gesien of geruik het. Hulle het geleer dat die klink van die emmers beteken die aankoms van kos. Dit is as gevolg van 'n vaste roetine van herhaling en assosiasie oor 'n tydperk. Hierna het Pavlov wetenskaplik begin eksperimenteer.

Hy het 'n klok gelui en drie sekondes later die kos aan die honde gegee. Na 'n aantal herhalings, klok en kos saam, het hy net nodig gehad om die klok te lui, dan begin die speeksel te vloei, al is die kos nie eers in sig nie. 'n Assosiasie is in die brein van die hond vasgele. Hierna het Pavlov drie sekondes voor die klok lui 'n skerp lig aange- skakel. Na 'n aantal herhalings het die speekselvloei reeds met die aanskakel van die lig begin. Op geen stadium is die lig met die kos in verband gebring nie, alleen met die klokgelui. Hierdie onwillekeurige of outomatiese reaksie was 'n sekondere gekondisioneerde refleks.

Vir ons doel is belangrik om te weet wat gebeur wanneer 'n gekondisioneerde reflekspatroon afgebreek word. Honde kan nie verder as 'n sekondere refleks gekondisioneer word nie, ape kan wel verder langs 'n ketting van assosiasies gekondisioneer word. So byvoorbeeld reageer ape van die klok na die lig, na 'n fluit tot by 'n gonser, op voorwaarde dat elke stadium voldoende kere herhaal word. Menslike wesens kan nog langer kettings van assosiasies vorm as ape. Wat ook al die geval is, simplisties of kompleks, by afbreek van die gekon­disioneerde reaksie, is in alle gevalle die resultaat traumaties.

Die volgende is twee insiggewende eksperimente:

Eerstens, honde is gekondisioneer om te reageer op 'n ronde skerp lig wat op 'n skerm gegooi is, maar om nie te reageer op 'n ellipsvormige lig nie, deur nie voedsel te voorsien met die laasgenoemde lig nie. Nadat die honde goed gekondisioneer is, het die wetenskaplike die ronde lig geleidelik verander na 'n ellips, en die ellipsvormige lig is geleidelik verander na 'n ronde lig, totdat die stadium bereik is dat die honde nie meer seker is waana hulle gekyk het nie. Op hierdie kritieke kruispunt het al die honde 'n senu-ineenstorting beleef. Die Bulhond (Bull dog) met 'n tipiese Britse mentaliteit het sy rug op die skerm gedraai en sy oe met sy voorpote bedek; die Kollie het histeries en tjankend al in die rondte gedraai; die Foksterrier het die skerm bestorm en aangeval; die Pekinees het jammerlik gehuil.

In 'n ander eksperiment is 'n aap geleer om met probeer-fouteer (trial and error) vanaf sy sitplek op die paal deur 'n deur na kos te spring. Drie deure is vertikaal opgestel, waarvan net een deur met skarniere aan die bokant vasgeheg is. Die ander twee was fopdeure en kon nie oopgaan nie. Die kos was agter die deure geplaas. Nadat die intelligente diertjie geleer is om te weet watter die regte deur is, het hy elke keer teen die deur gespring, sodat dit oopgaan en hy by die kos kon kom. Hy het die twee fopdeure geignoreer. Die gedragspatroon is gevestig. Hierna is die deure ongemerk verskuif. Toe hy nou weer na die kos wou spring, kon hy nie die deur oopkry nie en het op die grond geval. 'n Meer patetiese en misrabele figuurtjie kon mens jou moeilik voorstel. Hy het gesidder, gebewe, sy naels gebyt en 'n maagseer ontwikkel. Selfs toe hy desperaat van honger was, het hy verseg om te beweeg of 'n ander deur pro­beer oopspring. Die aap se gedrag is byna 'n parallelle optrede met menslike wesens, wanneer hulle vergas word met feite, soos in hierdie reeks aangebied word. In plaas van gretig te wees om verder te lees, of selfs om die stellings te bevraagteken, word sommige mense afgeskrik.

As die mense van Suid-Afrika WIL oorlewe, is die eerste en belangrikste voorwaarde om die mense bewus te maak van hoe hulle in ‘n kits programmeer en geprekondisioneer word. Emosionele skrille, luide of gelaaide frases en neerhalende opmerkings teenoor alles wat behoudend of konserwatief is, film- en televisieprogramme met gereelde anti-wit-aanvalle, aanhoudende, nimmereindigende kritiek teen Suid-Afrika, aanhoudende herhaling van sodanige kritiek, gedurige geklets om te "hervorm" ensomeer is algar fasette van breinspoeling.

Die herhaalde patroon ontwikkel 'n gekondisioneerde refleks-aksie en is ontwerp om die mens hulpeloos te laat voel en weg te dryf van rasionele en logiese oplossings. Dit mag nie die menslike ego streel om te besef en te erken dat ons veelgeroemde vryheid van denke en handeling in die meeste gevalle denkbeeldig is nie. Wat wel waar is, is dat die aanval vir die afgelope 80 jaar aangaan, en sy embriostadium kan nagespoor word tot in die 18de eeu. (Adam Weishaupt — Illuminati). Konstante herhalings van frases en spreuke wat vasvang, konstante aaneenskakeling van spesifieke assosiasies veroorsaak dat 'n groot deel van die intelligensia hulleself links identifiseer. Sekere standpunte word aksiomaties en ononderhandelbaar. Soos T S Eliot tereg opmerk dat mense rondloop "with eyes assured of certain certainties." Wat gebeur is dat in die gebiede van denke, wat beheer word deur die media, emosionele blokkades ingebou is. Die liberale intellektueles word opgesaal met 'n skuldgevoel, vind gedurig verskonings vir die gedrag en optredes van ander rassegroepe, wat hulle nie in hulle eie rassegroep sal duld nie en is totaal afgesny van enige sin vir realiteite. Om hierdie emosionele blokkades en verstoppings af te breek, sodat 'n intelligente verstand weer krities, logies en onbevooroordeeld na feite kan kyk, is absoluut 'n voorvereiste. As gevolg van die trauma, geassosieer met kondisionering, sal dit nie 'n maklike taak wees nie, maar oplettendheid en om voorbedag te wees is die eerste stap op herstel.

Vervolg...