SAMESWERING VAN DIE BANKIERS (1)

Klaus Dieter Vaqué

"Die uur het geslaan vir die supergeldmag om openlik die wet vir die wêreld to dikteer, soos hulle dit tot dusver in die geheim gedoen het. ... Die supergeldmag is geroepe om die trone van keisers en konings te bestyg met 'n gesag wat nie net oor een land nie, maar oor die hele aardbol strek".

                           

Soos blyk uit 'n berig in die "Bank for International Settlements", Basel, was die Sowjetunie in die eerste helfte van 1986 die nasie wat aan internasionale banke die meeste skuld. "Moskou het van 17 Westerse lande nuwe krediete ten bedrae van 5 miljard Rand ontvang, die meeste daarvan met lang looptye", skryf "The Citizen" van 31.12.86, "terwyl Oos-Duitsland en Hongarye elk 880 miljoen gekry het".

Dit is maar net 'n uiters klein gedeelte van daardie honderde miljarde dollars waaraan Westerse regerings en private banke die kommunis­tiese lande sedert die vroegste dae van die Bolsjewistiese rewolusie in 1917 gehelp het.

 Sonder finansiering deur die Westerse supergeldmagte sou die on­ekonomiese sisteem van die Kommunisme nie kon bestaan nie en sou dit lankal ineengestort het.

Die finansiële hulp het dit vir die Sowjetunie moontlik gemaak om - langs die Amerikaners — op te styg tot die grootste militêre mag van die wêreld en om tegelykertyd ondermynende bedrywighede in alle nie­-kommunistiese lande aan die gang te sit.

Wie kan die logika van daardie superkapitaliste verstaan, wat 'n totalitêre sisteem finansier, wat gesweer het dat hulle die kapitalistiese Weste gaan verslind, terwyl dieselfde kapitaliste aan die ander kant - kwansuis om morele redes — ekonomiese sanksies en disinvestering teenoor Suid-Afrika bepleit en nuwe krediete weier?

Moet 'n mens nie eintlik van hierdie onvoorstelbaar-ryk geldmagte - of weens morele beginsels of om strategiese redes of weens sakevoor­deel — juis die teenoorgestelde optrede verwag nie?

Om hierdie ongerymdheid te kan verstaan, moet ons teruggaan na die begin van hierdie eeu en kennis neem van 'n gebeurtenis wat 'n beslissende stempel afgedruk het op die verdere ontwikkeling van die twintigste eeu.

In die Duitse boek "Die Bankierverschwörung" 47 (Sameswering van die bankiers) wat die eerste keer in 1954 in Engels verskyn het, beskryf die Amerikaner Eustace Mullins hoe 'n paar vooraanstaande persone op die aand van 22 November 1910 mekaar op die stasie Hoboken in New Jersey, VSA ontmoet het om van daar in geheime opdrag per trein te vertrek.

Een van hulle, die Republikeinse senator Nelson Aldrich, het eers kort vantevore as leier van die Nasionale Wisselkoerskommissie uit Europa teruggekom. "Hierdie kommissie" skryf Mullins, "is deur die (Amerikaanse) kongres saamgestel weens die algemene begeerte, dat daar regeringsmaatreëls teen daardie groot bankiers, wat in 1907 opsetlik en kunsmatig paniek teweeggebring het, geneem moes word. Die kommissie het die opdrag gehad om praktyke in geldsake deeglik te bestudeer voordat hulle 'n bank- en wisselkoershervormingswet vir goedkeuring deur die kongres sou ontwerp. Terselfdertyd is daar egter getwyfel of 'n wet, wat onder leiding van 'n man met Aldrich se bekende toegeneentheid en werksaamhede tot stand gekom het, 'n egte hervorming sou teweegbring. Die kongres was egter ongevoelig vir hierdie kritiek".

In Aldrich se geselskap het drie bekende bankiers hulle bevind. Die een was Frank Vanderlip, president van die destyds magtigste bank van Amerika, die "National City Bank of New-York". "Dit het behoort aan die bankhuis 'Kuhn, Loeb and Company', het oliebelange van Rocke­feller behartig asook die spoorwegmaatskappy, het groot besittings in Suid-Amerika gehad en is in 1898 daarvan beskuldig dat dit die VSA in die oorlog teen Spanje ingedruk het".

Die ander twee was Henry P. Davison, die senior vennoot van die "J.P. Morgan Company", en Charles D. Norton, die president van "Morgan's First National Bank of New York". "Hierdie drie mans was toonaange­wend in die klein groepie van New-Yorkse bankiers, wat daarvan beskuldig is, dat hulle die hele geld- en kredietsisteem van die Verenigde State beheer het".

"Hierdie manne het die olie, die spoorweë, die nuuswese en die swaar industrieë van die land beheer".

'n Verdere persoon wat op die stasie by hulle aangesluit het — om, soos Vanderlip aan 'n nuusman verduidelik het, "'n rustige naweek op die platteland deur te bring" — was Paul Moritz Warburg, aandeelhouer in die bankhuis "Kuhn, Loeb and Co." Sy moedermaatskappy "M.M. Warburg Co." in Hamburg en Amsterdam was die Duitse hoofverteen­woordiger van die groot Europese bankfamilie, die Rothschilds.

Saam met Warburg het Benjamin Strong gekom, 'n man wat gedu­rende die paniek wat in 1907 deur Wall Street tevoorskyn geroep is, hom bewys het as 'n bekwame medewerker van J.P. Morgan.

Mullins vertel die geskiedenis verder: "Aldrich se private spoorwegwa, wat Hoboken met geslote luike verlaat het, het die geldmanne na die eiland Jekyl in die staat Georgia gebring en wel na die Jekyl Island Hunt Club, 'n baie eksklusiewe jagklub wat aan J.P. Morgan en 'n paar invloedryke New-Yorkse bankiers behoort het.

"Die Aldrich-groep het by hierdie geleentheid glad nie in jag belanggestel nie. Hulle het na Jekyl Island gekom om hard te werk en wel in algehele afsluiting en geheimhouding.

"Waarvoor is daar wegkruipertjie gespeel? Waarvoor hierdie reis oor duisend myl in 'n geslote treinwa na 'n afgeleë jagklub?"

Volgens Mullins se navorsing het die Aldrich-groep daarheen gereis om die "bank en wisselkoerswet" uit te werk, die opstel waarvan aan die "National Monetary Commission" deur die kongres opgedra was.

Die toekomstige beheer oor die geld- en kredietwese van die Ver­enigde State was hier op die spel. Volgens Mullins se getuienis was dit vir kongreslede onmoontlik om 'n wet vir finansiële hervorming aan te neem wat nie die goedkeuring van die New-Yorkse bankiers weggedra het en tot hulle voordeel was nie, anders sou hulle hulle kongreslid­maatskap verbeur het, d.w.s. die wat vir 'n ongunstige wet sou gestem het.

Die buiteparlementêre geldmagte het dus 'n wet ontwerp wat hulle begunstig het en die kongreslid Aldrich het dit geformuleer vir aan­name deur die kongres. Waaroor het dit gegaan?

Die plan wat op Jekyl Island uitgewerk is ('n gepaste naam vir die eiland as u die storie van "Dr. Jekyll and Mr. Hyde" ken) was die daarstelling van 'n sentrale bank, soos dit al in state van Europa ingevoer was en wat nie deur die wetgewers nie, maar deur die supergeldmag beheer sou word.

Wydverspreide eise wat uit die publiek gekom het, het aanleiding gegee tot hierdie finansiele hervormings. Oral in die land is daar met verontwaardiging gepraat oor die gevalle van geldpaniek wat in 1873, 1893 en 1907 kunsmatig veroorsaak is deur gewetelose bankiers, wat daardeur groot ellende in die land veroorsaak het. Die publiek het geëis dat die kongres 'n wet sou uitvaardig wat die herhaling van kunsmatig verwekte paniek oor geld moes verhinder.

Die pogings van die bankiers wat op Jekyl Island vergader het, was dus daarop gerig om 'n bankwet te ontwerp wat hulle eie belange beskerm het, maar wat bekendgemaak sou kon word as 'n "bankwet vir die volk".

Mullins skryf: "Volgens Paul Warburg se mening was dit veral nodig om die naam "sentrale bank" te vermy, en hy het dus die benaming 'Federal Reserve Bank' voorgestel". (Die Amerikaners se vryheidsin het hulle almal afkerig gemaak van sentralisering en 'sentrale' het dus vir hulle die konnotasie gehad van "beheer deur enkelinge", terwyl die term 'federal' hulle sou herinner aan hulle federale staat waarin die baie state nog elkeen heelwat vryheid behou het. Min sou hulle weet dat in die "Federal Reserve Bank" die seggenskap "reserved" sou wees vir die enkeles terwyl die "federal" slegs uitgebuite massas aangedui het.) Mullins skryf verder: "Onder die algemene publiek sou dit die agterdog verminder dat die doel was om 'n sentrale bank op te rig. In werklik­heid was dit egter so dat die 'Federal Reserve System' die drie belangrikste tradisionele funksies van 'n sentrale bank besit het:

  • Dit was die eiendom van private persone, wat hulle profyte ontvang het uit die besit van aandele, en wat die geldomloop in die nasionale ekonomie kon beheer.
  • Dit sou beskikkingsreg oor alle staatsgeld hê.
  • Dit kon die Verenigde State in die grootste buitelandse oorloë betrek, finansiële deelname daaraan teweegbring en die staat aldus in skuld dompel."

'n Ander probleem wat die samesweerders moes oplos, was om die sisteem nie onderhewig te maak aan enige kontrole en toesig deur die kongres nie, en dit het beteken dat die wetsontwerp van die begin af die grondwet geskend het.

Die boek van Eustace Mullins beskryf in fynste besonderhede hoe die bankiers ten spyte hiervan deur middel van allerlei slim manipulasies dit reggekry het dat die "Federal Reserve"-wet aangeneem is en op 23 Desember 1913 deur President Woodrow Wilson onderteken is en aldus van krag geword het. "Op hierdie dag", skryf Mullins, "het die grondwet opgehou om vir die Amerikaanse volk die basis van regering te wees en ons vryheid is uitgelewer aan 'n klein groepie internasionale bankiers".

Om die sameswering van die bankiers beter te verstaan, is dit noodsaaklik om 'n bietjie elementêre kennis op te doen oor die bankwese en — veral — die internasionale bankiers.

Gary Allen is in sy boek "Die Insider" (Engelse titel: "None dare call it Conspiracy"48) van mening dat 'n mens vir jou die sameswering soos 'n hand moet voorstel, waarvan een vinger die internasionale bankwese is en die orige vier die "stigtings", "anti-godsdienstige bewegings”, "Fabiaanse sosialisme" en "Kommunisme". Professor Quigley, wat self jarelank noue betrekkings met die "Insiders" gehad het, het dan ook, sonder poging tot verdoeseling, bevestig dat die internasionale bankiers geen geringer doel nagestreef het nie, as om die hele wêreld deur die magsfaktor ‘finansies’ te beheer.

Hoe kan hulle nou die doel verwesenlik? — Ons weet dat regerings gewoonlik meer geld uitgee as wat hulle deur belasting inkry. So is hulle verplig om lenings op te neem van die lande se sentrale banke – vanselfsprekend teen goeie rentekoerse.

Die publiek word daartoe verlei om te glo dat die regering geld in die hande kry deur skuldbriewe te gee aan binne- en buitelandse beleggers teen 'n vaste rentekoers. In werklikheid word net 'n uiters klein persentasie van die nasionale skuld egter op hierdie wyse gedra, meeste skuldbriewe van die regering — met uitsondering van dié wat aan die regering self behoort in die vorm van sy eie kredietfondse – is in die besit van reusebankfirmas, wat ons as internasionale banke ken.

"Gee vir my die bevoegdhede van 'n note-uitgifte-bank, dan steur ek my nie aan die wetgewer nie!" het Amschel Meyer Rothschild by geleentheid gesê.

Vervolg...